1949 Ford pickup
“Jurie, ek het hierdie ou trok, man.
By ‘n boer op sy plaas gekry.
Staan al vir járe afgeskeep.
Cheap-cheap, vyfhonderd rand.
Toe ek hom sleep,
start hy wrágtig met ʼn nuwe battery.
ʼn 1949 Ford pickup, nie waar nie?
Béáú-ti-ful, né,
kyk hoe blink daai chrome nog in die son.
Hoor jy daai knock?
Ek hoop nie ʼn piston
bliksem ʼn inspection hole in sy blok nie.
Sal jy hom kan fix?
Nee, hél, moenie jou kop so skud nie.
Wat kos ‘n paintjob?
Die roes?
Is daar in PE se scrapyards
nog van sy parte?
Split windscreens?
Aááág, fók!
Ou Souf’t nogal gesê hy’s orraait,
maar jy ken háár ok, né,
nie meer aldag so lekke bright nie.”
© Jan Pretorius, 2025