Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 February 202527 January 2025

Digtersprofiel: Louise Boshoff

Louise Boshoff (Prinsen) is in Groblersdal gebore. Sy gaan skool op Menlopark Laer- en Hoërskool en Verwoerdburg Hoërskool. Sy studeer by UP en Kovsies.

Louise skryf gedigte vandat sy 16 jaar oud is. In matriek wen sy Die Transvaalse Onderwysvereniging se prys vir Poësie en Prosa. Sy wen ook ’n digkompetisie op universiteit. Sy publiseer Handlandskap in 1988 en Witpad in 1999 self, nadat Elize Botha en Ian Raper haar aanmoedig daartoe. Witpad word by kunsgallerye, Protea Boekwinkel en deur Louise self by KKNK, op die sypaadjie, verkwansel. Verder word haar gedigte opgeneem in Groot Verseboek, Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte, As die Son Kon Oogknip en word ’n gedig – “Die man wat ek liefhet” – getoonset en gesing deur Koba Wicomb. Die CD heet: êrens is jy. Daar is ook gedigte op ’n CD wat Ian Ryper opgeneem het – Klinkspringer. ’n Gedig oor rotskuns dien as die leitmotief van ’n toneelstuk by die Woordfees.

In 2022 verskyn haar bundel Handspoor by Naledi.

’n Kortverhaal is opgeneem in Amfiteater, saamgestel deur Piet Roodt. Hy was ’n belangrike mentor vir haar. Fanie Olivier is ook ’n lankbekende mentor. Sy skryf sewe artikels vir ’n toep op aanvraag van die ontwikkellaar. Die artikels handel oor swangerskap en ouerskap. Sy het ook aanlyn ’n artikel oor humor en Covid-19 by Therapy Route gepubliseer. Sy werk tans aan kinderverhale.

Louise is ’n sielkundige van beroep. Sy het in 2002 haar PhD in Kinder en Ontwikkeling Sielkunde voltooi en werk meestal met adolossente. Hulle geite en humorsin hou haar jonk en verwonderd. Sy werk ook met angs en Logoterapeutiese insigte. Aangesien sy al lank getroud is met Louis Prinsen en haar beroep vir 40 jaar beoefen, het sy wysheid en insig en gewone boereraat verkry om met haar kliënte te deel.

Louise is betrokke by ’n diggroep, maak kleipotte en speel lawaaierig saksofoon.

 


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: René Bohnen
Digtersprofiel: Aniel Botha →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d