Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 January 20258 January 2025

Digtersprofiel: René Bohnen

René Bohnen is kort na middernag op 24 Augustus 1958 in Kwazulu-Natal gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Estcourt, waarna sy B.A.(Tale) studeer aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat. In 1980 behaal sy ʼn Honneursgraad in Engels. Hierna werk sy vir twee jaar as navorser by die Departement Engels aan dieselfde universiteit, wat uitloop op die departement se publikasie An Interim bibliography of criticism of South African literature in English (Barbara Richter and René Bohnen).

Bohnen debuteer in 2000 met die bundel Spoorsny, wat A.P Grove in Beeld ’n “belangwekkende debuut” noem. Haar tweede bundel, In die niks al om verskyn in 2011 by Lapa. In 2017 publiseer Naledi haar derde bundel, Op die vingerpunte van die heelal.

Vóór enige bundels gebeur, doen sy lewenservaring op en werk sy grootliks in die mediese wêreld en met mediese terminologie, enersyds as praktykbestuurder en andersyds as dataverwerker vir Bestuurde Gesondheidsorg by groot fabrieke in Suid-Afrika. In die jare 1984 tot 2002 vertaal sy voubiljette en ander gedrukte materiaal vir farmaseutiese maatskappye, sowel as verskeie handboeke vir mediese studente, sielkundiges en personeelbestuurders. In 1994 is sy medeskrywer van ʼn Engelse opleidingshandleiding vir winkelsbestuurders van ʼn bekende groot winkelgroep in Suid Afrika. In die jare 2003 tot 2018 betree sy die vryskutmark en vertaal ʼn handboek vir vroedvroue, artikels vir mediese publikasies en enkele artikels vir die bankwese.

In 2009 voltooi Bohnen ’n M.A. in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, onder leiding van Henning Pieterse.

Sy tree in 2010 tot 2012 as fasiliteerder op by kreatiwiteitswerkswinkels, by narratiewe terapiesessies, asook by spanbougeleenthede by die Universiteit van Johannesburg. In 2011 behartig sy die Kreatiewe Skryfkuns-module vir derdejaar studente aan die Universiteit van Pretoria.

Bohnen se verse is deur André P. Brink opgeneem in die “geblikte” Groot Verseboek. Enkele gedigte word voorgeskryf vir skole. Bohnen se gedigte verskyn ook in o.a. Vers en vrou, Die heel mooiste liefdesgedigte in Afrikaans, As die son kom oogknip, Woordreise en Om die aarde aan te haal en ander gedigte, asook in veelvuldige uitgawes van The Sol Plaatje European Union Poetry Anthology, Tydskrif vir Letterkunde en Karapaks. Gedigte is gepubliseer op die AVBOB webwerf, in beide Afrikaans en Engels. Engelse gedigte word opgeneem in Electric Juice, uitgegee deur Dye Hard Press, sowel as in Meandering Paths en Crossroads of the Century. Verskeie gedigte word geplaas op Litnet. Essays en kort sketse verskyn in Renaissance Magazine. Bohnen skryf artikels vir al die uitgawes van die tydskrif Pomp, onder redaksie van Hendrik Venter.

As lid van die Bekgeveg-span tree Bohnen op by Aardklop, die KKNK en Innibos kunstefeeste saam met digters Henning Pieterse, Danie Marais, Andries Bezuidenhout, Leon de Kock, Johannes van Jerusalem, Eugene Ashton en Jo Prins, onder andere. Sy tree ook op by die Woordfees.

Heerlike uitvloeisels uit die poësie is toonsettings. Die komponis Franco Prinsloo se toonsetting van Bohnen se “Walvisnota” wen die ATKV-prys vir voorgeskrewe komposisies vir gevorderde kore en word uitgevoer deur kore landwyd. Dit is verkrygbaar op die CD Vox Novus, op aanlyn musiekplatforms en ook op YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=6kNDheVm26c

Sy wen in 2014 Versindaba se Lykdigkompetisie, met haar gedig “Peter Blum”. In 2017 wen sy tweede prys in die Sol Plaatje European Union Poetry Competition. Verskeie ander gedigte wen pryse in kompetisies op Litnet en Versindaba. In 2013 wen Bohnen 2de prys in die plekgedigkompetisie op Versindaba, met die distopiese ekogedig “Nieu Bethesda 2020”, wat deur die operasangeres Lisa Lorenz modern getoonset en gesing word by konserte in Zürich en Suid-Afrika.  Dit is op die CD Mondverse beskikbaar, asook op YouTube, saam met foto’s van die dorpie: https://www.youtube.com/watch?v=JHwROpEx238

Die sangeres Eva Mouw neem “Woensdagkind” op nadat sy dit pragtig getoonset het. Dit is ook op You Tube beskikbaar: https://www.youtube.com/watch?v=IP9oof3lDW8

In 2007 en 2008 is Bohnen deel van die paneel wat aan ʼn reeks poësiebesprekings, Digterby, vir die daaglikse koerant Beeld hanteer. Sy skryf ook enkele resensies vir koerante soos The Natal Witness en Beeld. Van 2011 tot 2014 plaas sy bloginskrywings op Versindaba, oor alledaagse gebeurtenisse met digterlike assosiasies.

In 2015 word Cordis Trust se Orde van die Beiteltjie aan haar toegeken en in 2021 word sy op Cordis Trust se ererol geplaas vir haar bevordering van digkuns aan informele groepe.

Die Peel Street Poets in Hongkong verwelkom Bohnen se Afrikaanse én Engelse voorlesing van haar gedigte in 2016, by ʼn wonderlike kosmopolitiese aand. Na ʼn besoek aan Tilburg in 2017, waar sy die Wintersalon in’t Wevershuisje as genooide digter bywoon, word Bohnen se gedigte in Nederlands vertaal deur Emma Crebolder, Theo Rikken en Vicky Franken. Van hierdie vertalings word gepubliseer in die Nederlandse tydskrif Terras (Nr 15).

As digter-fotograaf ondersoek René die verskillende moontlikhede van woord-beeldkuns. Sy werk steeds as vryskutfotograaf, skrywer, teksversorger en vertaler.

 


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digtersprofiel: Zandra Bezuidenhout
Digtersprofiel: Louise Boshoff →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d