Metalepsis
Die ewige sirkelgang tussen onthou
en opskryf, soek ek vervaard nou
na ‘n kontrak vir verhuring van my
ouers se huis genaamd Weltevrede.
Met ‘n besoek slaap ek onrustig
toe nie besef dít was die laaste keer.
Hulle is in ‘n ander ruimte met as
gestrooi langs die Vaalrivier en oor
blou en pienk Krismisrose in hul tuin.
Vanoggend onthou ek my ou vader
besig om rekeninge uit te sorteer;
my ou moeder wat Solitaire speel.
Vele rekeninge is reeds verdrievoudig
in hierdie broeiende selfverdigting.
© Joan Hambidge, 2025
Puik!