Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 February 202511 April 2025

Versindaba: Nuwe gedigkompetisie: Media-oes

 

 

 

Versindaba nooi graag digters uit om gedigte in te stuur vir ons nuwe kompetisie. Die kompetisie behels dat jy enige koerant- of mediaopskrif (of deel daarvan) as titel kies en dit dan in ‘n gedig omwerk. LET WEL: Jy mag NIE die berig herskryf of die inhoud van die gedig in jou gedig gebruik nie. Kies dus ‘n titel wat jou kreatiewe denke prikkel. (Wenk: Die beste is om glad nie die berig te lees nie.) Verwys in jou titel na die oorspronklike berig, bv.:

 

Wyn, sang, besemstok

Vrye Weekblad, 14 Februarie 2025

 

Die uitdaging is om ‘n opskrif te vind wat wyer as die spesifieke storie waarna dit verwys, geïnterpreteer kan word.

Indien die opskrif in Engels is, hou dit so en moet dit nie vertaal nie.

 

Die kompetisie sluit op 15 April 2025.

 

Die wenner ontvang R1 000 en 3 naaswenners elk ‘n boekprys.

 

LEKKER SKRYF!

 

Algemene vereistes

  • Gedigte wat ingeskryf word, moet oorspronklik deur die digter self geskryf wees en mag nie reeds in ʼn solobundel, ‘n versamelbundel, ʼn literêre tydskrif of op ʼn Internetforum (bv. LitNet) opgeneem wees nie.
  • Gedigte mag nie met behulp van KI gegenereer word nie (ons toets wel).
  • Digters mag maksimaal 5 gedigte vir die kompetisie inskryf.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee skrywers Versindaba outomaties toestemming om die gedig later in ‘n bundel te plaas. Geen outeursreg sal betaal word indien die gedig later in ‘n Versindaba–bundel opgeneem word nie.
  • Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in ʼn bundel opgeneem word met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
  • Geen foto’s of ander media mag gedigte vergesel nie.
  • Inskrywings moet as ‘n Word-dokument, Arial 11, enkelspasiëring by ‘n e-pos aangeheg word. GEEN gedigte wat as deel van ‘n e-pos gestuur word, sal aanvaar word nie.
  • Kopiereg moet aan die einde van elke gedig erken word op die volgende wyse: © Digternaam, 2024
  • Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com

Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars bly anoniem.

Alle gedigte word nie gepubliseer nie, maar alle gedigte wat ontvang word, word ingeskryf vir die wedstryd en kom in aanmerking vir beoordeling.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Maritha Broschk. tafelgebed
  • Stephan du Toit. Namib
  • Joan Hambidge. The upturn palm

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Graaff-Reinet
  • Natasha Harmse. Die weefstoel
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Sanette Scheepers. Vrykoop
  • Natasha Harmse. As ek na Desember luister

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d