Verkleurmannetjies en bonsais teen skemer[tyd]
Netwerk24, 18 Februarie 2025
As kind was skemertyd
Sakaboela se speeltyd:
Die gemis van mense ongeken
‘n sampioen in my strot,
te swaar om te sluk.
Tienertyd se traumas en tantrums
wortel en tak teruggesnoei:
Die boompie gebuig tot bonsai;
Die gemoed getem met bedrog
afgeshow as beheersing.
‘n Halwe leeftyd se swerf
deur smart se seerste streke
maak van my ‘n verkleurmannetjie
op ‘n skoppelmaai: Seesiek,
met kanker van die siel bekots.
‘n Gemoed gebombardeer met
geledinge van leed en lood
laat later net letsels
van dit wat was
oorleef in roet en as.
Gatvol vir verkleurmannetjies
en bonsais teen skemertyd
soek ek steeds net ‘n stukkie son.
© Shaun de Jager, 2025