Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 February 202526 February 2025

Philip de Vos. Oor “Elke voëltjie het sy lied”

 

In 2020 skryf Gunther Pakendorf op Versindaba:

M.M. WALTERS, TER NAGEDAGTENIS (1929 – 2020)

“Met die oorlye van M. M. Walters op 28 Julie 2020 het die Afrikaanse letterkunde `n belangrike kritiese stem en `n beduidende digter verloor.

“Aan die begin van 2020, toe hy al oor die negentig jaar oud was, het hy `n vers aan my gewys wat in sy bedrieglike eenvoud `n hele verhaal vertel. Dit moet een van sy laaste gedigte gewees het:

 

Elke voëltjie

het sy lied –

selfs die seevoël

en die kokkewiet.

Of dit nou fraai

of goor of gek is,

elkeen sing maar

soos hy gebek is.”

 

In 1995 in my boek “Moenie ‘n mielie kielie nie” is daar hierdie vers van my:

 

Elke voëltjie

het sy lied:

krokodil

en zoeiii-muskiet,

elke kokkerot

of sysie

met sy

eie sysiewysie.

Elke gogga, elke mensie

elke omie met sy pensie

moet kan skinner, krys of kweel

kwinkeleer of koer of neul.

Of dit fraai, of goor of gek is,

jy moet sing soos jy gebek is.

 

Later het ek self hierdie versie verkort na:

 

Elke voëltjie het sy lied:

hadida en kokkewiet.

Of dit fraai of goor of gek is –

Jy moet sing soos jy gebek is.

 

In 2015 toe ek ‘n kykNET Fiësta lewenstoekenning gekry het vir my bydrae tot letterkunde, musiek en visuele kunste in Suid-Afrika , het ek juis my bedankingstoespraak met hierdie woorde afgesluit.

As dit een van Walters wat in 2020 dood is se laaste versies is, en ek wat reeds tevore in 2015 my versie in die openbaar gelees het, is daar iets vreemd aan die gang. Ja, êrens is ‘n skroefie los.

 

Sien Philip de Vos se video op 25 Februarie op sy Facebook-blad:

https://web.facebook.com/philip.d.vos

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Oorlog in die Midde-Ooste
Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d