Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 June 202510 June 2025

Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I

 

I

M.M. Walters se Shih-Ching Liedereboek verskyn in 2003. Dit is ‘n opvolg van die filosoof Martin Versfeld se Die lewensweg van Lao-Tse wat in 1988 verskyn het.

Die teenstrydighede van die lewe word so opgesom:

 

Wat lig is, berus op wat swaar is.

Wat woel, berus op wat stil is.

 

As ‘n verstandige man reis,

hou hy sy swaar bagasie dop.

Dit is net wanneer hy veilig tuis kom

dat hy rus en hom nie bekommer nie.

 

Hy wat heer is oor tienduisend strydwaens

kan hom nie lig gedra nie.

Hy wat lig is verloor die fondament;

hy wat woel,

verloor sy heerskappy.

 

Lao-Tse (vertaling Martin Versfeld)

 

Die eerste Chinese gedigte is mondeling oorgedra. Ons dink hier onder meer aan die Shih-Ching (oftewel klassieke lied). Dit is eenvoudige gedigte wat met herhaling werk. Latere digters is onder meer bekende figure soos Li Po en Tu Fu. Dit is dan ook mistieke gedigte wat veral kommentaar lewer op die natuur. Dit is dikwels gedigte sonder retorika wat eerder deur middel van implikasie as direk uitsê.  Gekonsentreerde beelde is kenmerkend van hierdie digkuns (Alex Preminger kan geraadpleeg word in sy Encyclopedia of Poetry and Poetics, Princeton University Press, 1965).

So klink ‘n bekende Chinese vers vry vertaal:

Herfs reën,

herfs reën,

geen middag, geen nag,

drup, drup, val, val, val.

Lamp wat doodgegaan het, koue strooibed, broeiende eensaamheid.

Pragtige nooi,

O so treurig!

Die weste wind ruis saggies in die bamboes by die venster,

stop en begin dan weer;

op geverfde wange glimmer twee trane soos juwele.

Hoeveel kere het hy belowe: “Wanneer die wilde ganse kom…”

Hy het die datum laat verval –

die ganse het teruggekeer, hy nie

 

(Preminger: 1965, 122).

 

 

II

Daar is eweneens ander digterfigure wat die Chinese ruimte na die Afrikaanse digkuns gebring het: D.J.  Opperman, Breyten Breytenbach en Petra Müller. Opperman eers met sy speelse aanwysing van hoe om ‘n Chinese versie te skrywe; dan later die magistrale Komas uit ‘n bamboesstok gebaseer op die reise van Marco Polo. Opperman gebruik die reis van 1271 as ‘n metafoor vir sy afdaal in sy onbewuste ná sy lewerversaking. Marco Polo se merkwaardige ervarings in China word by Opperman getransformeer as die wonderbaarlike ervarings van ‘n digter.

In Kuns-mis (1964) staan die speelse vers “Hoe om ‘n bundel Chinese poësie te skryf:

 

Skryf op snippertjies papier:

Berg, bamboes en blom,

Verder, boom en stroom en droom,

En skommel telkens om.

 

 

Die volledige afsondering van die Chinese kultuur vir ‘n 1000 jaar en die eiesoortige tradisie maak dat hierdie gedigte vir Westerse lesers ontoeganklik gebly het. Walters erken dat hy via Engelse en Duitse tekste gewerk het in sy insigryke inleiding. Die boek is ook voorsien van kort biografiese opsommings en die verskillende periodes in die Chinese geskiedenis is ook van hulp vir die leser. Hy gee nie voor om ‘n sinoloog te wees nie en hierdie boek is dan ook nie ‘n finale woord nie.

Walters se vertalings, herdigtings, is dalk eerder omdigtings.

Li Po se “Gesprek in die berge” en “In die lente” klink reg in Afrikaans. Dit is dan ook ‘n boek wat ‘n mens langs Breytenbach se Papierblom moet plaas om daardie gedigte nog meer toeganklik te maak.

So klink Chang Chiu-ling se bekende “Sedert jy weggegaan het”:

 

Sedert jy weggegaan het, my lief,

het ek nog nie weer teruggekeer na my leë weefraam nie.

Want gedagtig aan jou, is ek soos die volmaan

wat elke nag verbleek en sy helder glans verloor.

 

Een van my gunsteling verse, is Ch’in Chia se “Aan my vrou (1)” :

 

‘n Mens se lewe is soos die oggendmis.

In hierdie wêreld het hy ‘n oorvloed aan geluk.

Teëspoed en verdriet kom dikwels vroeg,

verblydende verbintenisse dikwels jammerlik laat.

………

Verdriet kom in ‘n kringloop

en kan nie opgerol word soos ‘n mat nie.

 

 

III

Die I Ching (Boek van verandering) en Shih-ching (Liedereboek) is basistekste naas die Shu-King (Boek van geskiedenis), die Chan-tsin (Lente en herfs) en die Li-king (Boek van reëls).

‘n Digter soos Feng Chih (1905 -) het die Duitse letterkunde en filosofie bestudeer aan die Universiteit van Heidelberg. Goethe, Hölderlin en Rilke is bestudeer.

Sy een sonnet eindig so:

…

 

Waar lê die waarheid, in onsself dan?

Van die ver plekke kan ons niks saamneem nie

en niks mag ons wegdra hiervandaan nie.

 

(105)

 

(word vervolg)

 

Joan Hambidge

Kaapstad

10 Junie 2025

 

Bronne:

 

Breytenbach, Breyten. 1998. Papierblom. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

Opperman, D.J. 2015. Versamelde poësie. Kaapstad: Tafelberg.

 

Preminger, Otto. 1965. Encyclopedia of Poetry and Poetics. Princeton: Princeton University Press.

 

Versfeld, Martin. 1988. Die lewensweg van Lao-Tse. Kaapstad: Perskor.

 

Walters, M.M. 2003. Shih-Ching Liedereboek. Pretoria: Protea Boekehuis.

 

Endnote:

 

 

701-762

Li Po, also known as Li Bai, was a famous Chinese poet and one of the most prominent figures in the Tang dynasty’s literary circle. He lived in the 7th and 8th centuries and was known for his romantic and emotional poetry that often featured themes of love, wine, and travel. He was greatly influenced by the Taoist and Buddhist philosophies, and his works are considered masterpieces of Chinese literature. Li Po’s poems were widely loved and widely read during his lifetime, and his legacy has continued to inspire poets and writers in the centuries since his death. Despite his fame and influence, details of his life remain somewhat shrouded in mystery.

 

 

 

I climb up high and look on the four seas,

Heaven and earth spreading out so far.

Frost blankets all the stuff of autumn,

The wind blows with the great desert’s cold.

The eastward-flowing water is immense,

All the ten thousand things billow.

The white sun’s passing brightness fades,

Floating clouds seem to have no end.

Swallows and sparrows nest in the wutong tree,

Yuan and luan birds perch among jujube thorns.

Now it’s time to head on back again,

I flick my sword and sing Taking the Hard Road.

 

Poem Ancient Air Lyrics — PoetAndPoem.com

 

The moon shimmers in green water.

White herons fly through the moonlight.

 

The young man hears a girl gathering water-chestnuts:

into the night, singing, they paddle home together.

 

Li T’ai-po

  1. Hamil

 

Poem Autumn River Song Lyrics — PoetAndPoem.com

 

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Resensie: “Ontbloot” (Marthé McLoud)

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d