The Lady of Shalott
The mirror crack’d from side to side;
‘The curse is come upon me,’ cried
The Lady of Shalott
I
‘n Foto van haar geskaai deur die pers;
dit was by sý begrafnis ikonies indertyd
staan sy by die familie geskaar om die graf.
Nou is die foto bevlek met wit verfkolle
met die dak se regmaak in die daeraad
ná erge stormweer in ‘n winter ysig.
Van jou weet ek niks meer nie;
net dat jy steeds die orrel bespeel
om ‘n kollektebord vol onthoue.
II
Soos daardie ontwykende vrou,
bly ek weef en weef en weef
alleen in ‘n Toring op pad
na nêrens en kyk in ‘n spieël
vol raaisels en weer iets af,
op hierdie woordereis alleen.
Wetend Tennyson had gelyk:
romantiese liefde of begeerte lei
immer tot méconnaissance.
© Joan Hambidge, 2025