Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 March 2025

Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

 

Athol Harold Lannigan Fugard

 

(1932 – 2025)

 

Stem en teenstem: ‘n mini-drama

 

Helen Martins meen iets so

onbenulligs as ‘n voëlgesang

kan ‘n beeldjie inspireer.

Gistermiddag roep ‘n uiltjie

by my voordeur: so broos,

uit sy groen nessie geval.

Helen Martins meen iets so

beskeie as ‘n voëlgesang

kan ‘n reis na Mekka begin.

‘n Voorbode van jou dood,

by nabaat, toe ons verneem

van jou finale reis na Prawaas.

Helen Martins meen iets so

nutteloos as ‘n voëlgesang

kan borskanker dalk oorwin.

Meester van die tweegesprek

of selfontbloting, soos lesse

te lere uit bitter aalwyne.

Helen Martins meen iets so

gering as ‘n voëlgesang

kan die NG Kerk verjaag.

Jou beleef by ‘n kongres

sittend in ‘n rolstoel, laggend

toe ek uitroep: ”Meester, jy is befok.”

Helen Martins meen iets so

futiel as ‘n voëlgesang

kan blindheid dalk oorwin.

‘n Hallo en koebaai? ‘n Vertrek

nimmer as te nooit vir jou:

jy begryp alles rondom uilhuise.

Helen Martins verklap helaas niks

oor eindes of deure wat sluit;

daardie wyse uiltjie wis dit uit.

 

© Joan Hambidge, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Smoke gets in your eyes
Vertaling van Engels in Afrikaans: Athol Fugard’s Invitation (Arthur Nortjé) →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard”

  1. Ilse says:
    13 March 2025 at 03:00

    Lieflik!

    Reply
  2. Hendrik Botha says:
    11 March 2025 at 13:25

    Mooi gedig!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d