Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 March 202518 March 2025

Vertaling van Engels in Afrikaans: Athol Fugard’s Invitation (Arthur Nortjé)

 

Athol Fugard’s Invitation deur Arthur Nortjé, 1965. Vert. deur Luan Staphorst

 

Athol Fugard se uitnodiging

 

Gister ’n kastaiingbruin baard

by ’n kans ontmoeting, weer na jare

jou noulettende oë deurskynend, vir vrees onvervaard.

Terwyl ons die land bespreek stem ons ooreen om te ontmoet

om die land te bespreek oor wyn en kerrie

rooi en sterk om moed te gee.

 

Dagbreek glinster vroeg, giet uit oor belofte

van vrede om ons gedeelde gepeins

te besweer: daar sal goue geselskap wees.

Son was die vervolg bo ’n rook-

grys wolk maar dan verrys die son-wind

in repe eers uit die bulderende baai

of eerder dit swel tot sporadiese

vlae en ontketen tot woedende stormwinde!

 

Reën slaan hard teen die glas,

linne wapper op ’n vaalbruin balkon.

Boreas hamer die mure – ’n winderige verwaandheid

omrede ek die Nordiese lig

wat ’n oppervlakkrag verlig ontbeer.

 

Nie dat ek spu uit bedrieglike glans

(ek neem dit in my leeragtige gelaatskleur)

of die paar goeie eienskappe verag nie.

Rondom my hurk die somber puinhope,

die verkoolde rompe, die bisarre

oorblyfsels van strooptogte en ontburgerings.

 

En om ons hoop te gee?

Geen skaars, genotryke beeld glinster

op spoelklip, meerrassige sypaadjies nie.

Wit reën slaan in snydende stortvloede,

motors in ’n ernstige reguit lyn ry verby.

1965

 

***

 

Athol Fugard’s Invitation

 

Yesterday an auburn beard

at a chance encounter, again after years

your keen eyes lucent, unafraid of fear.

Discussing the country we agreed to meet

to discuss the country over wine and curry

red and strong to give us courage.

 

Dawn glinted early, suffusing promise

of peace to palliate our common

brooding: there would be golden company.

Sun was the sequel above a smoke-

grey cloud but then the sun-wind rose

in wisps first out of the boomering bay

or rather it swelled to occasional

gusts and broke into livid gale!

 

Rain beats hard against the glass,

linen flaps on a drab balcony.

Boreas batters the walls – a windy conceit

because I lack the Nordic light

illuminating a surface force.

 

Not that I spit of deceptive lustre

(I take it in my leather complexion)

or scorn the few redeeming features.

Around me squat the sombre ruins,

the charred hulks, the bizarre

wreckage of raids and deprivations.

 

And to give us hope!

No rare delightful image glistens

on cobbled multi-racial pavements.

While rain beats in stinging torrents,

vehicles pass in their earnest bee-lines.

 

© Arthur Nortje,  1965

1965

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

1e kommentaar op “Vertaling van Engels in Afrikaans: Athol Fugard’s Invitation (Arthur Nortjé)”

  1. Selwyn Milborrow says:
    18 March 2025 at 21:13

    Luan, Nortje sou trots wees op hierdie vertaling. Hoop jy lees jou vertaling by sy graf daar in Oxford.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d