Athol Fugard’s Invitation deur Arthur Nortjé, 1965. Vert. deur Luan Staphorst
Athol Fugard se uitnodiging
Gister ’n kastaiingbruin baard
by ’n kans ontmoeting, weer na jare
jou noulettende oë deurskynend, vir vrees onvervaard.
Terwyl ons die land bespreek stem ons ooreen om te ontmoet
om die land te bespreek oor wyn en kerrie
rooi en sterk om moed te gee.
Dagbreek glinster vroeg, giet uit oor belofte
van vrede om ons gedeelde gepeins
te besweer: daar sal goue geselskap wees.
Son was die vervolg bo ’n rook-
grys wolk maar dan verrys die son-wind
in repe eers uit die bulderende baai
of eerder dit swel tot sporadiese
vlae en ontketen tot woedende stormwinde!
Reën slaan hard teen die glas,
linne wapper op ’n vaalbruin balkon.
Boreas hamer die mure – ’n winderige verwaandheid
omrede ek die Nordiese lig
wat ’n oppervlakkrag verlig ontbeer.
Nie dat ek spu uit bedrieglike glans
(ek neem dit in my leeragtige gelaatskleur)
of die paar goeie eienskappe verag nie.
Rondom my hurk die somber puinhope,
die verkoolde rompe, die bisarre
oorblyfsels van strooptogte en ontburgerings.
En om ons hoop te gee?
Geen skaars, genotryke beeld glinster
op spoelklip, meerrassige sypaadjies nie.
Wit reën slaan in snydende stortvloede,
motors in ’n ernstige reguit lyn ry verby.
1965
***
Athol Fugard’s Invitation
Yesterday an auburn beard
at a chance encounter, again after years
your keen eyes lucent, unafraid of fear.
Discussing the country we agreed to meet
to discuss the country over wine and curry
red and strong to give us courage.
Dawn glinted early, suffusing promise
of peace to palliate our common
brooding: there would be golden company.
Sun was the sequel above a smoke-
grey cloud but then the sun-wind rose
in wisps first out of the boomering bay
or rather it swelled to occasional
gusts and broke into livid gale!
Rain beats hard against the glass,
linen flaps on a drab balcony.
Boreas batters the walls – a windy conceit
because I lack the Nordic light
illuminating a surface force.
Not that I spit of deceptive lustre
(I take it in my leather complexion)
or scorn the few redeeming features.
Around me squat the sombre ruins,
the charred hulks, the bizarre
wreckage of raids and deprivations.
And to give us hope!
No rare delightful image glistens
on cobbled multi-racial pavements.
While rain beats in stinging torrents,
vehicles pass in their earnest bee-lines.
© Arthur Nortje, 1965
1965

Luan, Nortje sou trots wees op hierdie vertaling. Hoop jy lees jou vertaling by sy graf daar in Oxford.