Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 March 2025

Ilse van Staden. An Emperor on Avian Anatomy: Frederick II and “De arte venandi cum avibus”

 

An Emperor on Avian Anatomy: Frederick II and De arte venandi cum avibus

The Veterinarian, Feb. 2025

 

(met apologie BB)

 

om ʼn gedig te skryf

is soos om met voëls om te gaan

om die penvere te pluk vir ink

en deur die donsvere die bibbervel te sny

om spier en bloedvat te ontbloot,

ʼn disseksie tot op die been –

skedel, wensbeen, humerus –

die femurskag te skik tot fluit

asof dit die sirinks self is

 

kyk die ertjiebrein wat van wolke droom

en toutjies trek langs stotterende werwels af

tot by die sitbeen, sakrum, stert

waar tussen oviduk en kloaak

uit slym en kalk ʼn god mirakels maak

of sprei die lyne wyer uit

van klavikel en skapula na vlerk

en rym die marionettemeganika

van veer en bloed tot vlíég

 

want om ʼn voël te skryf

is soos om van poësie om te kom

die veerpen soos ʼn dolk

deur die woord se hart gedryf.

 

© Ilse van Staden, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ilse van Staden. Weerdiens deel weer voorspellings
Ilse van Staden. vooraand →

1e kommentaar op “Ilse van Staden. An Emperor on Avian Anatomy: Frederick II and “De arte venandi cum avibus””

  1. Joan Hambidge says:
    24 March 2025 at 14:54

    Baie sterk gedig.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d