Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
12 November 2025

Ilse van Staden. vooraand

 

vooraand

 

laat ons dan gaan, jy en ek,

met die skemer wat oor die meer uitstrek

soos ʼn ooglid

en veraf blitse wat aar

oor die retina van die aand

 

laat ons gaan, want die kanse op gevaar

is skraal, die swart slang

het lank in die laatmiddagson gelê

vlak teen die paadjie waar ons voeteval

dit vroeër sou versteur, maar nou

bly net ʼn droë sug soos wat skubbe

saggies in die onderbos versit

 

in die bome kom en gaan die wind,

ons voel die na-reën van ʼn vroeër bui

as die bos soos ʼn nat hond sy vag uitskud

en miskien sal ʼn volgende vlaag

swaar takke uit die bloekoms breek

wat knallend in die ruigte val

maar sal dit vanaand wees?

 

hier is net die naskyn van ʼn gewone dag

hier dryf die laaste pelikaan

hier tru ʼn man sy boot die water in

met die sagte sloef-sloef van golfies

en miskien sal die storm draai

of die ankertou breek of die net,

maar sal dit vanaand wees?

 

want iemand stap met ʼn hond

wat teen lamppale sy been lig

iemand kook kos vir ʼn geliefde

iemand praat oor ʼn telefoon

iemand lag

 

bo die duinebos oorkant die meer

flits die ligtoring uit oor die see

en binnekort

sal dit ook hier waar ons stap

donker word.

 

© Ilse van Staden, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ilse van Staden. An Emperor on Avian Anatomy: Frederick II and “De arte venandi cum avibus”
Ilse van Staden. tuiskoms →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d