Magic Mike
Vir Johann de Lange
ʼn Verkleurman geblerts met die blos van begeerte
skommel flink met voëls van eenderse vere ̶
ʼn bevlekte held penorent loops op papier.
Sy passasies van kloot, mansgat
& roede lok mofram om ʼn danknoot
verby sy G-string by ʼn muskusvag in te stoot.
Hy laat sy nagtelike aanhang altyd natgesweet:
Sy paaldanse voeg immer(s) die dood by sy woord.
© Franco Colin, 2025

Janee, dis soos jy daar sê