Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 April 2025

Carina van der Walt. Okkitaanse Dagboek

 

 

vestingverblyf langs die Ardèche

 

 ons bly in ’n oënskynlik vervalle muur

van 100 meter dik met ’n poort as

toegang tot ’n Middeleeuse toring

& ’n Franse vlag bo-op     ons skrop nes

binne-in ’n monument langs die Ardèche

 

in sy volle lengte van 500 meter

is enkele voordeure – die ander is

bínne die muur met kronkelstegies

soos in die gange van ’n miernes

ek loop op & af in vogtige straatjies

 

ruik die mos sien gekleure deure

elkeen uniek met ’n waterpomp of

klok of ’n uithanglantern ek hoor stilte

ek voel hoe tyd teruggly oor dik trappe

wat doodloop in toegemesselde deure

 

in ons klipnes sit ek op ’n vensterbank

muisstil & lees – skielik eensaam

dink ek terug aan vroue eeue gelede

wat gemeensaam hul wasgoed gewas

het in die fonteinbakke buite die poort

 

in ons nes van uitgemesselde rots

is dit snags aardedonker     verlig ’n

kersie in ’n rooskwartsklip die toilet

soggens prisma die son deur loodglas

in die deur     smidddags klim ons op

 

op na die toringsaal vir ’n piekniek

in die gras voer ons mekaar aarbeie

onder die vlag drink ons sjampanje

hier bo wen ons mekaar mieredronk

weer terug met koppe vol muisneste

 

© Carina van der Walt, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Carina van der Walt. literêre piramides

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d