Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 January 20253 February 2025

Carina van der Walt. literêre piramides

 

literêre piramide

  

op die geskubte rug van Albrect Dürer se renoster

spring ’n boerbok

haar soort klim mos orals op

ek trap jou pap ek sien nou ver

 – blêr sy

maar nie vir lank nie

uit ’n boom swaai ’n aap met vrug in sy hand

tot op die boerbok se rug

& begin vreet

ek kry my sit ek skil jou af

– lag hy

maar nie vir lank nie

’n vis swem tot op die kop van die gapende aap

na onder

gil dit –

jy’t my skubbe gesteel Decima

my gladde lyf glip nou deur alles van almal

maar nie vir lank nie

van sy ruggraat af dring ’n virus die vis binne

tot in die aap se brein

tot in die boerbok se uier

tot in die renoster se horing

wat afgesaag fyngemaal & opgesnuif

word as afrodisiakum deur hongerige lesers

wat uitgemelk word deur dors-na-méér-denkers

wat verbeeldingloos in skryfsels nageaap word

 

© Carina van der Walt, 2025

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Carina van der Walt. Oksitaanse dagboek 
Carina van der Walt. Oksitaanse Dagboek →

1e kommentaar op “Carina van der Walt. literêre piramides”

  1. Jacobus Swart says:
    3 February 2025 at 06:35

    ‘n Uitmuntende vers wat die snare tot denke stem. Die volgende kom by my op:

    Our age is not a Golden Age.
    Arthur C. Danto.

    With both agents and publishers hungry for bestsellers, literature will have to end up as a cottage industry.
    Anthony Burgess.

    Maar ook

    David Macey, The Penguin Dictionary of Critical Theory, p.18:
    anxiety of influence – Term used by the American literary theorist Harold Bloom (1973, 1994) to describe the young author’s experience of the uncanny when he recognizes the influence of his predecessors in his own work. The shock of recognition is so powerful that the author may despair of being able to write anything at all, or become convinced that he can only reproduce the work of his forebears. A strong poet such as Milton or Blake is able to overwhelm the literary tradition and to subsume it into his own original writing; weak poets are paralysed by the anxiety of influence. Strong literary originality and the ability to subsume tradition are the hallmarks of canonical texts. Bloom’s theory is heavily influenced by Freudian psychoanalysis: the literary tradition is likened to the repressed material in the individual unconscious, and the quasi-Oedipal relations between the generations to a form of transference.
    Although certain feminist critics argue, like Showalter (1977), that Bloom’s theory is so reliant upon an Oedipal struggle between fathers and sons that it can scarcely be applied to women’s writing, Gilbert and Gubar contend in their “Madwoman in the Attic” (1979) that it can be modified to explore the way in which woman writers from Jane Austen to Emily Dickinson have always struggled against the image of the ‘woman writer’ produced by male authors and male texts.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d