(Ver)taalverhaal
met elke volsin wat ek vertaal
herhaal ek van oomblik tot oomblik
die geskiedenis van driehonderd jaar
(dié opvarende leer ken kooi en kombuis
ontmoet die draers van kierie en karos
eet hom bekoms aan bobotie met blatjang)
in my eggo Hollander, slaaf en Khoi
my vingers trommel ’n Afrika-kadans:
Nederlands word onherroeplik Afrikaans
© Daniel Hugo
