Corné Coetzee het in Pretoria grootgeword en in biblioteke gewerk voordat sy joernalis, teaterresensent en subredakteur geword het. Coetzee was tot 2014 die redakteur van Wes-Beeld en daarna ’n vryskutsubredakteur by Beeld en Rapport asook ’n artikelskrywer vir verbruikerstydskrifte.
Sy het in 2015 ’n M.A. in kreatiewe skryfkuns by die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy woon saam met Hans Pienaar en een van hul dogters in Johannesburg.
Van haar gedigte het in My ousie is ‘n blom (2006), Karapaks 6 (2008) en Nuwe Stemme 4 (2010) verskyn. Coetzee debuteer in 2017 met die digbundel nou-hier.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]