Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 April 202516 April 2025

Joan Hambidge. Die nagkantoor van die digkuns

 

I

Gister doen die uwe banksake. Langs my val The Coroner’s Wife, my bundel met vertalings o.a. behartig deur Johann de Lange, Jo Nel en Douglas Reid Skinner (met Michèle Betty as die finale redakteur). Die bloemlesing is opgedra aan De Lange. Opnuut kom ‘n mens onder die indruk van die feit dat die afsterwe van ‘n digter ‘n mens anders laat kyk na die digter se werk en bydrae. Alles kry skielik ander implikasies.

Verlede week is daar ‘n nuusbrief van die WAT.

WAT wys sy kleure met die aankondiging van die wenner ene Christo Els wat die woord “nagkantoor” geborg het:

 

Els het die woord “nagkantoor” gekoop as geskenk aan sy vriend en eienaar van die Nagkantoor Kuierkroeg op Kaapsehoop, oudjoernalis De Wet Potgieter. Hulle het bevriend geraak terwyl hy self ook op Kaapsehoop gebly het. “Nagkantoor is ’n baken in Kaapsehoop en het ook ’n groot teenwoordigheid op sosiale media. Daar ek en De Wet uit dieselfde generasie spruit en omdat ons ook baie raakpunte deel, het ons redelike goeie vriende geraak,” verduidelik Els. “Toe ek weer woorde wou koop, het ek gedink dit sou ’n gawe geskenk wees vir ’n vriend om sy handelsmerk te verewig op ’n unieke manier en as blyk van waardering vir sy vriendskap.” Naas “nagkantoor” het hy oor die afgelope jare ook die woorde “leeu”, “lieplapper”, “niksnut”, “padloper” en “vagebond” gekoop om sy waardering vir die werk van die WAT te illustreer: “Ek lees soms die HAT en WAT vir ontspanning!

wat@sun.ac.za sal die nuusbrief aanstuur.

Hierdie berig inspireer hierdie lopertjie:

 

Nagkantoor

Johann de Lange

 

WAT se borg ‘n woord se wenner:

Nagkantoor en nou wonder jy sekerlik

watter een die uwe sal verkies?

 

Verknot, verknoop, verweer, afleer

of dalk sintaksis nou dat niks meer

sin maak en ek my só erg verknies?

 

Of dalk verlange, want dit rym

mos met jou van, my blouoog-vriend,

kenner van e.e. cummings se ont-ruim.

 

Ek hoor jou lag: hierdie vers is helaas,

helaas nog nie dáár en beslis vér van klaar.

Akuut of gravis. Geen rym vir dié opruim.

 

© Joan Hambidge

 

II

Johann de Lange het immer woordeboeke geraadpleeg. En sy verse getuig van ‘n digter wat sy verse tot in die vesels afgewerk het. In die bekroonde Die algebra van nood (2009) lees ons:

 

 

Van al die woorde wat ek het

 

Van al die woorde wat ek het

is dood onweerlegbaar

 

dood, ’n woord wat welig

náwerk in die brein:

 

vir oulaas stryk ons

die beduimelde gesig

 

& stuit teen wat verganklik was

maar nou raar & onoorganklik bly.

 

Beduimel beteken bevuil én bevat. Onoorganklik aktiveer die spel tussen oorganklik en verganklik. En onoorganklike werkwoorde (waar die werkwoord nie ‘n direkte voorwerp het nie) teenoor oorganklike werkwoorde. Die dood – dit weet ons – breek op. Die digkuns wel stuit teen die verganklike.

En hierdie vers praat terug met “Fantoomkop” In Snel grys Fantoom (1986):

 

Fantoomkop

 

Hoe meer ek kyk hoe minder is jy

klip, en hoe feller die blik

van jou rots-ooggate op my

sagte sterflikheid: ‘n Medusa-staar

wat my wil laat versteen, verstar.

 

Ek probeer dit weer omkeer:

 

klip weer net klip, en rots-

ooggate net gate in rots,

en lank nadat jy weer net klip

is in my oë, bly die beeld

nog ontstellend in my spook

 

*

En hoe ironies klink hierdie vers nie nou op nie:

Miskien is dit nou die tyd

 

Miskien is dit nou die tyd om nie meer

die ongehoorde goed te sê

wat aans op dowe ore val,

om weer binne die grense

van die skoonheid onpaar dwars te lê.

 

Die gesprek met Van Wyk Louw in hierdie vers is opvallend eweneens uit Die algebra van nood.

 

Joan Hambidge

16 April 2025

 

Bronne:

 

De Lange, Johann. 1986. Snel grys fantoom. Kaapstad: Human & Rousseau.

  1. Die algebra van nood. Kaapstad: Human & Rousseau.

Neruda, Pablo:  https://enothingblog.blogspot.com/2014/04/poem-of-day-ode-to-federico-garcia.html Besoek 13 April 2025.

 

Daniël in die leeukuil

 

Die Wet van Meders en Perse,

was dit, Koning koning Daríus, ja hy

wat jou in die leeukuil gegooi

het met siekte se bevelskrif,

word finaal en absoluut opgehef.

 

Al die ministers van die koninkryk,

die bevelhebbers, landvoogde,

die raadsmanne en die goewerneurs,

van ons onvoorspelbare bedryf;

ja nie een sal jou nou aanraak nie.

 

Soos Neruda treur in sy Ode

aan Federico García Lorca,

sien ek ook die vere van engele

vermink deur oorlog en boosheid

met nesbouende swaels in ruïnes.

 

Daríus, die Meder, was twee-en-sestig

 

toe hy die koningskap ontvang het.

 

En jy was vyf-en-sestig jaar oud met

 

jou ontslag uit hierdie leeukuil

 

om aardlief, Aarde; dog vry te word.

 

 

Jy sal voortleef in jou palimpses-

beelde geplaas langs die foto’s

van Eugène N. Marais en Leipoldt,

ene Daniël Johannes de Lange,

beklee ‘n ereplek in my hartargief.

 

© Joan Hambidge

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Asindeton” deur Joan Hambidge
Joan Hambidge. Die Postmodernisme en durende gesprekke →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d