Marius Crous is in 1965 op Villiersdorp in die Kaapprovinsie gebore.
Benewens ’n doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands verwerf hy ook M.A.-grade in Afrikaans-Nederlands en Engels. Hy het die kreatiewe skryfkundekursus onder leiding van prof. Marlene van Niekerk voltooi.
Crous begin reeds op skool dig. Van sy gedigte word in die Tydskrif vir Letterkunde, Standpunte en Literator en ook op LitNet gepubliseer.
Hy debuteer in 2003 met die bundel Brief uit die kolonies, waarvoor hy die Universiteit van Johannesburg se debuutprys ontvang. Ander bundels uit sy pen sluit in Aan ’n beentjie sit en kluif (2006), Vol draadwerk (2012), en Tussenganger (2020).
Sy gedigte is o.a. opgeneem in die Groot verseboek en ander bloemlesings soos My ousie is ‘n blom. Hy verower in 2014 die derde prys in Versindaba se lykdigte kompetisie oor gestorwe digters met Lykdig vir Wisława Szymborska.
Hy is dosent in Afrikaans aan die Nelson Mandela Metropolitan. Op LitNet is hy ook rubriekskrywer van die gay-rubriek Man-tot-man.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]