Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 May 20256 May 2025

Joan Hambidge. Kognitiewe kortpaaie

 

Kognitiewe kortpaaie

 

In die kavalkade

in Dallas Texas

22 November 1963

word JFK getref

ene John Connally

Texas Goewerneur

verwond en Mevrou

Kennedy perderuiter

van formaat probeer

red wat te redde is …

Lee Harvey Oswald

vuur uit die boonste

verdieping en Jack Ruby

skiet op hom die American

Dream aan skerwe.

 

Idanell Brell Connally

ene Nellie blote passasier

in die limousine tydens

die fussillasie van die VSA

se Goue Seun en Jacqueline

sy vrou Ms Bouvier later

Jackie Onassis van haar

het De Gaulle gesê as

hy iemand kon terugneem

Parys toe sou dit sý wees

sjarmant en vlot in Frans

anders as Joan en Ethel

was Jackie O bewus

hoe Rose die matriarg

tog die toutjies trek …

 

Maar die ooggetuie

daardie een van wie

ons bittermin weet?

Sou sy later háár weergawe

by funksies of teepartytjies

weer en weer vertel soos waarom

het Jackie met ‘n bloederige rok

langs Lyndon B. verskyn?

En sou waspoeier dáárdie rooi

uit die ikoniese pienk-pakkie

kon haal? En die verlore ring?

Julle moet weet sy is so dankbaar

dat die pilbokshoedjie is in bewaring

so veilig by haar in ‘n kerkhof.

 

© Joan Hambidge 2025

 

www.gettyimages.com/detail/news-photo/president-john-f-kennedy-and-first-lady-jacqueline-kennedy-news-photo/3309225?adppopup=true

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Samsara
Joan Hambidge. Die landskap is ’n gesig →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d