Die landskap is ’n gesig
Die landskap is ’n gesig:
blou iris by dag,
digte wenkbrou & wimpers
van ’n woud by nag.
(Johann de Lange: Miniatuur)
Pierneef kon jou komvandaan,
die Bosveld, presies vertolk:
die son, die hitte, die bome
met hul knoetse en peule.
Teen die agtergrond ‘n berg
in die verte waar ander skuil-
hou; dalk ‘n plaas van ‘n boer
wagtend op reën se verligting.
Min of meer word ons die plek
van ons jeug soos hierdie bome:
lank ná ons vertrek steeds getuies
van iets groters én onverwoordbaar.
© Joan Hambidge: 2025
https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&q=pierneef+bushveld&sei=jA4baJHYNp6XhbIPsdSe2Q4
