Versindaba nooi graag digters uit om gedigte in te stuur wat in gesprek tree met ENIGE KUNSWERK DEUR ‘N SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAAR. Die wenner ontvang R1000 prysgeld.
Vereistes
- Gedigte oor die bogenoemde tema word in aanmerking geneem vir die kompetisie, hoewel ander gedigte steeds welkom is (maar nie as inskrywing vir hierdie kompetisie geag word nie).
- Gedigte wat ingeskryf word, moet oorspronklik deur die digter self geskryf wees en mag nie reeds in ʼn solobundel, ‘n versamelbundel, ʼn literêre tydskrif of op ʼn Internetforum (bv. LitNet) opgeneem wees nie.
- Gedigte mag nie met behulp van KI gegenereer word nie (ons toets wel).
- Digters mag maksimaal 5 gedigte vir die kompetisie inskryf.
- Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee skrywers Versindaba outomaties toestemming om die gedig later in ‘n bundel te plaas. Geen outeursreg sal betaal word nie.
- Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in ʼn bundel opgeneem word met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
- Foto’s van die kunswerk waaroor die gedig handel, mag as afsonderlike JPEG-lêer saam met die gedig gestuur word. Let Wel: Indien foto’s saam met die gedig op ʼn Word-dokument verskyn, sal die inskrywing nie aanvaar word nie. Ons verkies egter dat ʼn Internetskakel na die betrokke kunswerk onderaan die gedig geplaas word, aangesien media baie spasie op die webwerf opneem. Daarom versoek ons ook dat, indien foto’s saamgestuur word, dit so klein as moontlik sal wees.
- Inskrywings moet as ‘n Word-dokument, Arial 11, enkelspasiëring by ‘n e-pos aangeheg word. GEEN gedigte wat as deel van ‘n e-pos gestuur word, sal aanvaar word nie.
- Die kompetisie sluit op 30 Junie 2025.
- Kopiereg moet aan die einde van elke gedig erken word op die volgende wyse: © Digternaam, 2025
- Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com
Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars bly anoniem.
Alle gedigte word nie gepubliseer nie, maar alle gedigte wat in die korrekte formaat ontvang word, word ingeskryf vir die wedstryd en kom in aanmerking vir beoordeling.
(Die illustrasie is deur middel van KI gegenereer en is nie ‘n kunswerk deur ‘n SA kunstenaar nie.)
Ekfrasties se moer
Eksellent eksekutief
Eksklusief eksegeties
Eksoties beproef