Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 May 20257 July 2025

Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig

 

 

 

 Versindaba nooi graag digters uit om gedigte in te stuur wat in gesprek tree met ENIGE KUNSWERK DEUR ‘N SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAAR. Die wenner ontvang R1000 prysgeld.

 

Vereistes

  • Gedigte oor die bogenoemde tema word in aanmerking geneem vir die kompetisie, hoewel ander gedigte steeds welkom is (maar nie as inskrywing vir hierdie kompetisie geag word nie).
  • Gedigte wat ingeskryf word, moet oorspronklik deur die digter self geskryf wees en mag nie reeds in ʼn solobundel, ‘n versamelbundel, ʼn literêre tydskrif of op ʼn Internetforum (bv. LitNet) opgeneem wees nie.
  • Gedigte mag nie met behulp van KI gegenereer word nie (ons toets wel).
  • Digters mag maksimaal 5 gedigte vir die kompetisie inskryf.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee skrywers Versindaba outomaties toestemming om die gedig later in ‘n bundel te plaas. Geen outeursreg sal betaal word nie.
  • Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in ʼn bundel opgeneem word met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
  • Foto’s van die kunswerk waaroor die gedig handel, mag as afsonderlike JPEG-lêer saam met die gedig gestuur word. Let Wel: Indien foto’s saam met die gedig op ʼn Word-dokument verskyn, sal die inskrywing nie aanvaar word nie. Ons verkies egter dat ʼn Internetskakel na die betrokke kunswerk onderaan die gedig geplaas word, aangesien media baie spasie op die webwerf opneem. Daarom versoek ons ook dat, indien foto’s saamgestuur word, dit so klein as moontlik sal wees.
  • Inskrywings moet as ‘n Word-dokument, Arial 11, enkelspasiëring by ‘n e-pos aangeheg word. GEEN gedigte wat as deel van ‘n e-pos gestuur word, sal aanvaar word nie.
  • Die kompetisie sluit op 30 Junie 2025.
  • Kopiereg moet aan die einde van elke gedig erken word op die volgende wyse: © Digternaam, 2025
  • Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com

Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars bly anoniem.

Alle gedigte word nie gepubliseer nie, maar alle gedigte wat in die korrekte formaat ontvang word, word ingeskryf vir die wedstryd en kom in aanmerking vir beoordeling.

 

(Die illustrasie is deur middel van KI gegenereer en is nie ‘n kunswerk deur ‘n SA kunstenaar nie.)

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Nuwe Versindaba-kompetisie: Skryf ‘n ekfrastiese gedig”

  1. Anita Van der Walt says:
    7 May 2025 at 08:52

    Ekfrasties se moer
    Eksellent eksekutief
    Eksklusief eksegeties
    Eksoties beproef

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d