Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 May 2025

Celesté Fritze. Vergetedal

 

Vergetedal

(vir Ma)

 

Daar is ’n mooi naam wat in Ma se geheue dwaal,

sy wil dit gebruik om haar storie te begin.

“In die tyd toe Oupa vir die Duitsers sou gaan boer,”

sê sy, en vergeet die res.

 

Op die plaas sonder die mooi naam,

waar mure eens uit die brak veld sou verrys,

sterlig deur die vensters val,

geure uit ’n kombuis sou draal,

loop Ma nou en soek.

Ek stap saam deur die leë vertrekke,

onder ons voete plof stof uit vergange vloerplanke.

 

“Ag, wat was die plek se naam?”

“O, ek onthou ek het geweet, Ma.

“’n Naam waaraan die tong hom kon verlustig.”

“Wat was dit dan? Het dit geëindig in ‘fontein’,

of was dit ‘dal’?” wonder Ma.

 

Nee, vir goed verby, die plesier.

Ma se witkopkind sit hangkop op die bed.

Haar jongste troetelkommer:

Wat was die blinkmooi naam wat Ma dan nou ontgaan?

 

Namate die tong verstom,

aan die geheue geen vorm meer verleen nie,

kan Ma uit die hoek van haar oog gewaar,

ruik, proe, wens sy was daar;

op die plek met die mooi naam:

Al moes Oupa die knie vir ’n Duitser buig.

 

Ma, toe jy die laaste maal die plaas se naam uitspreek,

het ons die hek gesluit.

Die plek wat ’n bouval geword het,

lê ver buite ons bereik.

 

© Celesté Fritze, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

4e gedagtes oor “Celesté Fritze. Vergetedal”

  1. Ena says:
    8 May 2025 at 19:52

    Mooi, Celeste!

    Reply
    1. Celesté Fritze says:
      16 May 2025 at 08:18

      Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

      Reply
  2. Barbara Steyn says:
    8 May 2025 at 08:16

    Soooo mooi beskryf!!!

    Reply
    1. Celesté Fritze says:
      16 May 2025 at 08:19

      Barbara, ek waardeer jou terugvoer

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d