Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 May 2025

Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange

 

I

 

In Johann se Lange se laaste bundel Miniatuur staan hierdie motto van Borges opgeteken:

 

Now I can forget them. I reach my center

my algebra and my key,

my mirror.

Soon I will know who I am.

 

Die soeke na die sentrum is sowel by Borges as De Lange aanwesig.

In die wonderbaarlike vertaling deur Sheila Cussons Die vorm van die swaard en ander verhale is die leser deurgaans bewus van primordialiteit.

Hierdie boek is indertyd deur Henning Snyman voorgeskryf in sy kursusse aan die Universiteit van Kaapstad. Die boek was altyd op sy lessenaar.

In die verhaal “Die ontmoeting” speel die verhaal af in 1910. Die jaar van die komeet en die Argentynse eeufees.

En: daar is ‘n eed gesweer om die swye te bewaar. Maar die verteller (wat alles as jong kind beleef het) gee verskillende variasies van die gebeure. En hy waarsku ook dat hy waarskynlik te veel films gesien het wat die gegewe meer dramaties maak as wat dit was.

Hy bely ook dat hy nie van kaartspel hou nie (die beskeie labirint van solitaire), maar dat hy afloer en verken.

Dus sien hy die glasvertoonkas met die versameling messe en dolke wat aan beroemde vegters behoort het.

Dan die geveg tussen Duncan en Uriarte.

‘n Ou wrok wat besweer moes word.

Hoe lank die geveg geduur het, weet die verteller nie. Daar is sekere dinge, lees ons, wat nie aan die maat van tyd gemeet kan word nie.

Duncan word doodgemaak deur Uriarte. Daar sal gelieg word dat die dolkgeveg ‘n tweegeveg met swaarde was en in Buenos Aires sou alles regkom. Iemand is altyd ‘n vriend van iemand …

In 1929 verbreek die verteller die stilte teenoor die afgetrede polisiekommisaris Don Jose Olave.

Die twee vegters het mekaar nooit ontmoet nie en Olave vertel van ‘n wrokkigheid tussen Moreira en Juan Almada – die dolk met houtgeves met ‘n merk van ‘n boompie …

Daardie dolke het die dood veroorsaak: “In hul staal het ‘n menslike wrok gesluimer, en gewag” (37).

So word die verhaal van die cuchilleros of dolkvegters vertolk.

 

II

Hier het ons ‘n Borges-oomblik by Johann de Lange:

 

Relaas

 

Só kom mens tot jou sinne

in ‘n diep & donker woud;

elke pad lei na binne

& die storie is oeroud.

 

By Borges hierdie vers:

 

The Labyrinth

Jorge Luis Borges

 

Zeus himself could not undo the web
of stone closing around me. I have forgotten
the men I was before; I follow the hated
path of monotonous walls
that is my destiny. Severe galleries
which curve in secret circles
to the end of the years. Parapets
cracked by the days’ usury.
In the pale dust I have discerned
signs that frighten me. In the concave
evenings the air has carried a roar
toward me, or the echo of a desolate howl.
I know there is an Other in the shadows,
whose fate it is to wear out the long solitudes
which weave and unweave this Hades
and to long for my blood and devour my death.
Each of us seeks the other. If only this
were the final day of waiting.

https://poets.org/poem/labyrinth-0

vertaal deur Stephen Kessler

 

Die spreker het vergeet van die verskillende selwe wat hy was (hy stel dit in die meervoud).

Hy is bewus van sy voorbestemming; daardie eggo van ‘n verlate geween. Daar is ‘n Ander wat skuilhou in die skadu’s.

En dan:

 

I know there is an Other in the shadows,
whose fate it is to wear out the long solitudes
which weave and unweave this Hades
and to long for my blood and devour my death.
Each of us seeks the other. If only this
were the final day of waiting.

 

Die digter besef sy fata is eensaamheid en hierdie solitude vind ons ook in Johann de Lange se digkuns.

Met terugskoue wanneer ‘n digter sterf kan ‘n mens duidelik die patrone raaksien.

Borges het ook Elogio de la sombra (In Praise of Darkness) in 1969 gepubliseer.

 

III

By De Lange hierdie vers:

 

Die liefde word nie afgemeet

 

Die liefde word nie afgemeet

op ‘n skaal of in ‘n fles:

dit is die ander dors

& dit word nooit geles.

 

Isolasie en eensaamheid by beide skrywers.

‘n Kolos van eensaamheid het Antjie Krog die digter Johann de Lange beskryf by sy heengaan.

https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/digter-johann-de-lange-sterf-n-kolos-in-sy-eensaamheid-20250328  Besoek 15 Mei 2025

 

Joan Hambidge

Bloemfontein

15 Mei 2025

 

Bronne:

Borges, Jorge Luis. 1981. Die vorm van die swaard en ander verhale. Kaapstad: Tafelberg.

(Vertaal deur Sheila Cussons).

De Lange, Johann. 2010. Judasoog: ‘n Keur uit die gedigte van Johann de Lange. Kaapstad: Human & Rousseau.

– 2024. Miniatuur. Naledi: Gansbaai.

Williamson, Edwin. 2004. Borges – A Life. Londen: Viking.

 

Soteriologie

 

Wie kan my red uit stilte

waar jy jou steeds aanmeld

hierdie resensie gelaai deur

Johann de Lange om 2 vm?

 

Wie sal nou skertsend speels

terugskryf oor die digkuns

as ‘n kaartspel Solitaire nee

Strip Poker of ‘n weddenskap?

 

Jy is landuit voortvlugtig

iewers tussen die sterre

al lankal dood op reis alleen

soekend in a poetry of silence.

 

© Joan Hambidge

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)
Joan Hambidge. Die DF Malherbe-gedenklesing: Die klipwerk van Afrikaans. ‘n Digterlike besinning. →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d