Francois de Jongh is gebore te Kakamas 14/03/51. Hy matrikuleer in 1968 aan Paul Roos Gimnasium en voltooi sy BA SOD aan die Universiteit Stellenbosch in 1973.
Hy gee onderwys in Villiersdorp en verskeie plattelandse Karoo-dorpe en tree uit as Departementshoof by Worcester Gimnasium 1996. Hy werk ook as poësie redakteur van Graffier (Nasionale literêre tydskrif vir jong skrywers(1979-82).
De Jongh verlaat die onderwys in Desember 1996 en vestig in Gansbaai as eienaar/uitgewer/redakteur van Gansbaai Courant. In 2008 word hy bekroon met die Sanlamgemeenskapsperstoekenning as die wenner in die afdeling Kontreinuus. In 2016 verkoop hy Gansbaai Courant na 20 jaar.
Hy woon tans in Sedgefield.
Van De Jongh se werk word in Standpunte (mondstuk van Afrikaanse skrywersgilde) gepubliseer en hy debuteer in 1982 met die digbundel Klipsweet (Perskor).
Van sy gedigte is ook ingesluit in die versamelbundel Groen (1990), DJ Opperman se Groot Verseboek en Andre P Brink se Groot Verseboek 2000. Hy skryf ook die lirieke vir Worcester Gimnasium se skoollied (1994). Sy nuutste digbundel, Konglomeraat (Naledi) verskyn in 2019.
In 2021 stel De Jongh saam met Daniël Hugo die pandemie bloemlesing, Maskers en Mure (Turksvy 2021) saam.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]