Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 July 202515 July 2025

Joan Hambidge. Bertolt Brecht in Afrikaans

I

 Elke vertaler vertaal ‘n gedig uniek. Dit word bewys deur vertalings met mekaar te vergelyk.

Dieselfde geld die vertolking van ‘n bekende lied of aria. Vergelyk Lotte Lenya, Anne Sofie von Otter, Marianne Faithfull en Nina Hagen se interpretasie van die bekende “Surabaya-Johnny”. En selfs Bette Midler waag dit.

Lotte Lenya

https://www.youtube.com/watch?v=iJKkqC8JVXk  Besoek 9 Julie 2025

 

Anne Sofie von Otter

https://www.youtube.com/watch?v=5F5CkLuxe1Y  Besoek 5 Julie 2025

 

Marianne Faithfull

https://genius.com/Marianne-faithfull-surabaya-johnny-lyrics  Besoek 5 Julie 2025

 

Nina Hagen

https://soundcloud.com/yourownpersonalninahagen/surabaya-johnny-happy-end  Besoek 5 Julie 2025

 

Bette Midler

https://genius.com/Bette-midler-surabaya-johnny-lyrics  Besoek 7 Julie 2025

 

Vir my is die mezzo-sopraan Von Otter se vertolking oorrompelend. Die meester van intonasie en sub-teks. Luister gerus hoe sing sy saam met Elvis Costello of beluister haar interpretasie van ABBA se The day before you came.

 

II

Brecht sing Afrikaans – ‘n Bertolt Brecht-song-boek het in 1989 verskyn by Tafelberg Uitgewers.

 

 

Die samesteller was Arnold Blumer (verbonde aan die Duits departement aan Stellenbosch) met Hennie Aucamp, Johann van Heerden, Barend J. Toerien en Fred Steyn as vertalers. Daar word ook dikwels verskillende weergawes van dieselfde gedig of song gegee met Blumer en Aucamp as voorste vertalers.

 

 

Bertolt Brecht (1898 – 1956) was ‘n uitsonderlike figuur: dramaturg, digter, teaterregisseur en intellektueel. Aan die Universiteit van Stellenbosch (in die sewentigerjare) het ek Die Kaukasiese krytsirkel en Moeder Courage beleef onder regie van Johann van Heerden. Elders is Die Driestuiwer-opera (The Threepenny Opera) meegemaak. Hierdie teks is saam met Kurt Weill geskryf. “Mackie Messer” (“Mack the Knife”) kom hierin voor en is waarskynlik een van die bekendste songs van Brecht.

Lotte Lenya, Kurt Weill se vrou, was ‘n uitstekende aktrise.

 

The Roman Spring of Mrs Stone is die uitstekende filmweergawe van 1961 wat op Tennessee Williams se novelle gebaseer is. José Quintero is die regisseur van die film met Vivien Leigh, Warren Beatty, Jill St. John en Lotte Lenya as die belangrikste akteurs. Lotte Lenya sou net hierna in Bond (From Russia with love, 1963) die booswig speel. Gavin Lambert het die draaiboek geskryf wat die essensie van Williams raakvat.

Alles in hierdie film gaan oor betreding en om die vyand in jou private ruimte toe te laat. Sleeping with the enemy. Tydens een van die besoeke van  Contessa Magda Terribili-Gonzales maak sy beledigende opmerkings voor ander gaste oor Karen Stone, wat dit hoor, maar ignoreer. (Lotte Lenya het tereg ‘n Oscar ontvang as beste byspeler vir haar rol.)

https://joanhambidge.blogspot.com/2022/01/filmrubriek-roman-spring-of-mrs-stone.html Besoek 13 Julie 2025

Sy het ook die rol van Jenny vertolk in The Threepenny Opera.

https://www.berliner-philharmoniker.de/en/stories/kurt-weill-and-lotte-lenya/  Besoek 11 Julie 2025

Die sogenaamde Verfremdungseffekt is een van Brecht se grootste bydaes, naamlik die afstand tussen wat beleef word en die kommentaar daarop deur ‘n verteller of akteur. In die produksie indertyd van Die Kaukasiese krytsirkel in die H.B. Thom is die letterlike krytstreep waaruit die akteur tree ‘n aanwysing hiervan. Hiermee wou hy die spanning tussen die werklikheid en die voorstelling daarvan beklemtoon.

In die voorwoord deur Arnold Blumer in die Afrikaanse song-boek word daar gewys op die breuk tussen kuns en politiek en die aanname dat dit tot verskillende kategorieë behoort. Vir Blumer is dit belangrik om te let dat Brecht se politieke kuns gesien moet word as ‘n pleidooi vir ‘n regverdige samelewing.

III

“Die lied van Soerabaja-Johnny” (1929) word wonderlik deur Blumer vertaal. Stront en hond in rymwoorde.

 

Ek lyk as ek in die spieël kyk

reeds soos my eie skaduwee. (64)

 

en sy slaap op ‘n sikspensbed (65).

 

Met die verruklike slot in Duits:

 

Mein Gott ich liebe dich so
Surabaya Johnny warum bin ich nicht froh?
Du hast kein herz Johnny
Und ich liebe dich so

 

Wat by Blumer herhaal met rou / jou / jou? / jou …

 

En sy versoek (nee beveel):

 

en haal tog die pyp uit jou bek, jou hond!

 

Ware hartstog se odi et amo.

 

 

Joan Hambidge

11 Julie 2025

 

(Word vervolg)

 

Endnote:

 

“Surabaya Jonny”

 

Duits:

 

Du kamest von Birma herauf
Und sagtest ich solle mit dir gehen
Du kämest für alles auf
Ich fragte nach deiner Stellung
Du sagtest so wahr ich hier steh
Du hättest zu tun mit der Eisenbahn
Und nichts zu tun mit der See
Du sagtest viel Johnny
Kein Wort war wahr Johnny
Du hast mich betrogen Johnny
Nach einer Stund
Ich hasse dich so Johnny
Wie du stehst und grinst Johnny
Nimm die Pfeife aus dem Maul du Hund!

Surabaya-Johnny warum bist du so roh?
Surabaya-Johnny
Mein Gott ich liebe dich so
Surabaya-Johnny warum bin ich nicht froh?
Du hast kein Herz Johnny
Und ich liebe dich so

So lang, bis ich mitging mit dir
Aber schon nach zwei Wochen
War dir nichts mehr recht an mir
Hinauf und hinab auf den Pandschab
Den Fluß entlang bis zur See
Ich sehe schon aus im Spiegel
Wie eine Vierzigjährige
Du wolltest nicht Liebe Johnny
Du wolltest Geld Johnny
Ich aber sah Johnny nur auf deinen Mund
Du verlangtest alles Johnny
Ich gab dir mehr Johnny

Surabaya Johnny warum bist du so roh?
Surabaya Johnny
Mein Gott ich liebe dich so
Surabaya Johnny warum bin ich nicht froh
Du hast kein Herz Johnny
Und ich liebe dich so

Warum du den Namen hast
Aber auf der ganzen langen Küste
Warst du ein bekannter Gast
Eines morgens in einem Sixpencebett
Werd ich donnern hören die See
Und du gehst ohne etwas zu sagen
Und dein Schiff liegt unten am Kai
Du hast kein Herz Johnny
Du bist ein Schuft Johnny
Du gehst jetzt weg Johnny
Sag mir den Grund
Ich liebe dich doch Johnny
Wie am ersten Tag Johnny
Nimm die Pfeife aus dem Maul du Hund

Surabaya Johnny warum bist du so roh?
Surabaya Johnny
Mein Gott ich liebe dich so
Surabaya Johnny warum bin ich nicht froh?
Du hast kein herz Johnny
Und ich liebe dich so

 

Engels:

I had just turned sixteen that season
When you came up from Burma to stay
And you told me I ought to travel with you
You were sure it would be okay
When I asked how you earned your living
I can still hear what you said to me
You had some kind of job on the railway
And had nothing to do with the sea

You said a lot, Johnny
All one big lie, Johnny
You cheated me blind, Johnny
From the minute we met
I hate you so, Johnny
When you stand there grinning, Johnny
Take that damn pipe out of your mouth, you rat

Surabaya Johnny
No one’s meaner than you
Surabaya Johnny
My God, and I still love you so
Surabaya Johnny
Why’m I feeling so blue?
You have no heart, Johnny
And I still love you so

 

At the start, every day was Sunday
‘Til we went on our way one fine night
And before two more weeks were over
You thought nothing I did was right
So we trekked up and down through the Punjab
From the source of the river to the sea
When I look at my face in the mirror
There’s an old woman staring back at me

You didn’t want love, Johnny
You wanted cash, Johnny
But I saw your lips, Johnny
And that was that
You wanted it all, Johnny
I gave you more, Johnny
Take that damn pipe out of your mouth, you rat

Surabaya Johnny
No one’s meaner than you
Surabaya Johnny
My God, and I still love you so
Surabaya Johnny
Why am I feeling so blue?
You have no heart, Johnny
And I still love you so

I would never have thought of asking
How you got that peculiar name
But from one end of the coast to the other
You were known everywhere we came
And one day in a two-bit flophouse
I’ll wake up to the roar of the sea
And you’ll leave without one word of warning
On a ship waiting down at the quay

You have no heart, Johnny!
You’re just a louse, Johnny!
How could you go, Johnny
And leave me flat?
You’re still my love, Johnny
Like the day we met, Johnny
Take that damn pipe out of your mouth, you rat

Surabaya Johnny
No one’s meaner than you
Surabaya Johnny
My God, and I still love you so
Surabaya Johnny
Why am I feeling so blue?
You have no heart, Johnny
And I still love you so

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Wopko Jensma
Nuwe publikasie. Nogmaals vir die bysiende leser (Joan Hambidge & Marlies Taljard, Reds.) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Stephan du Toit. Musk stel ‘slimste KI tot nog toe’ bekend
  • Corlia Fourie. Oë van die tyd
  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. La dolce vita
  • Anne-Marie Bartie. riem telegram
  • Anne-Marie Bartie. dialoog
  • Paul Kloppers. die belangrikheid van byhou
  • Andrea Sieberhagen. Die kleur van stilte

Nuutste kommentaar

  1. Bester on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …12 March 2026

    Dankie vir die kommentaar Dietloff. Ek het twee weke terug afgekom op Eklips in ʼn boekwinkeltjie vir R10. Haal sommer…

  2. Jan Breet on Resensie: “Seine” (Koos de Wet)11 March 2026

    Is hierdie 'n resensie of 'n lesing oor die digkuns?

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Bester Meyer. Breyten Breytenbach: Om die duif wat opkom en ondergaan aan te hou volg …8 March 2026

    Baie dankie vir hierdie persoonlike siening en waardering van Breyten se werk.

  4. Gerard Scharn on Gerard Scharn. dirge6 March 2026

    Baie dankie meneer Odendaal.

  5. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d