Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 July 20251 December 2025

Kompetisie: “Die gees van die avontuur”. Wen R5000 in prysgeld

 

 

Die Pionier Instituut sal in 2025-2027 elke jaar R5000 skenk aan Versindaba vir ’n gedigtekompetisie oor die onderstaande of verder uitgewerkte en verwante temas, met ’n digbundel as doelwit.

Aanleiding: Fridtjof Nansen het as jongman op die skip Viking die buitelyne van ’n onbekende gebied gesien en daarna as ontdekkingsreisiger in Groenland en die Noordpool sy nuwe paaie gebaan: “Die gees van die avontuur, wat is dit anders dan die raaiselagtige verlange om iets te onderneem wat die lewe meer sin en inhoud gee dan ons daaglikse gang na en van ons werk. Dit is die onophoudelike drang om hindernisse en gevare te oorwin op soek na nuwe moontlikhede. Dit is die roepstem na weidse, nog nie deurvorsde gebiede, dit is die goddelike drif in die mens, die dryfveer van ons grootse dade en van ons denke, wat ons ons vleuels laat uitstrek op soek na die onbeperkte grens van ons vryheid. Nie ons sorge, nie ons nood, nie ons ontberinge is ons vyande nie. Inteendeel, hulle is ons bondgenote in die stryd teen die grou eentonigheid van ’n lewe sonder lig of skadu.”

Gedigte oor hierdie en verwante temas kan ironies, satiries, tragies, komies, na buite en na binne, die opgang en neergang hiervan, binne die alledaagse en ver daarbuite rig.

Versindaba nooi graag digters uit om gedigte in te stuur wat in gesprek tree met die bostaande uiteensetting. Die wenner ontvang R2 000 prysgeld en drie naaswenners ontvang elk R1 000.

 

Vereistes

  • Gedigte oor die bogenoemde tema word in aanmerking geneem vir die kompetisie, hoewel ander gedigte steeds welkom is (maar nie as inskrywing vir hierdie kompetisie geag word nie).
  • Gedigte wat ingeskryf word, moet oorspronklik deur die digter self geskryf wees en mag nie reeds in ʼn solobundel, ‘n versamelbundel, ʼn literêre tydskrif of op ʼn Internetforum (bv. LitNet of Facebook) opgeneem wees nie.
  • Gedigte mag nie met behulp van KI gegenereer word nie (ons toets wel).
  • Digters mag maksimaal 3 gedigte vir die kompetisie inskryf.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee skrywers Versindaba outomaties toestemming om die gedig later in ‘n bundel te plaas. Geen outeursreg sal betaal word nie.
  • Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in ʼn bundel opgeneem word met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
  • Geen foto’s of ander media mag gedigte vergesel nie.
  • Inskrywings moet as ‘n Word-dokument, Arial 11, enkelspasiëring by ‘n e-pos aangeheg word. GEEN gedigte wat as deel van ‘n e-pos gestuur word, sal aanvaar word nie.
  • Die kompetisie sluit op 30 November 2025.
  • Kopiereg moet aan die einde van elke gedig erken word op die volgende wyse: © Digternaam, 2025
  • Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com

Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars bly anoniem.

Alle gedigte word nie gepubliseer nie, maar alle gedigte wat in die korrekte formaat ontvang word, word ingeskryf vir die wedstryd en kom in aanmerking vir beoordeling.

 

(Die illustrasie is deur middel van KI gegenereer.)

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

3e gedagtes oor “Kompetisie: “Die gees van die avontuur”. Wen R5000 in prysgeld”

  1. Arie Roos says:
    6 September 2025 at 22:28

    Ek wil graag ‘n gedig inskryf wat aanhalings bevat uit iemand anders se gedig bevat. Is so iets geoorloof?

    Reply
    1. Versindaba says:
      8 September 2025 at 11:12

      Arie, dit is geoorloof as intertekstuele verwysings. Dis ‘n algemene praktyk. Hoe jy daarmee omgaan, bepaal die kwaliteit van jou gedig.

      Reply
  2. Bernard Odendaal says:
    22 July 2025 at 17:23

    Klink na taalavontuur!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d