Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 September 202526 September 2025

Meyer van Rensburg. Ys-eskapades

 

Ys-eskapades:

 “I feel of no use to anyone unless I am outfacing the storm in wild lands.”

                                                                                   (Ernest Shackleton)    

 

In ‘n wedren oor die sneeu en ys

om die Suidpool presies uit te wys

verloor hy en Scott teen die Noor

maar hy word eervol as ridder geslaan:

dit gee hom impetus en spoor

hom steeds nog verder aan

ʼn nuwe Don Quixote-reis:

om dwarsoor Antarktika se pool-ys

te seil: maar word meteens brutaal gestuit

want hul Endurance hou nie uit

nie: hak vas en lê totaal verpletter,

ingevries: die skeepsvolk dryf

op kraakwit stukke ys wat sketter-

skaterlag vir hulle desperasie

— koekepanne: kan soos kartel-wiele kantel

elke blok wil op sy eie houtjie wandel —

tog lei hy almal êrens veilig na ‘n destinasie

oor sewe dae (‘n hele skeppingsweek!)

om die dood loef af te steek

en dan, twee lang jare later,

tuis: veilig uit die ysvrieswater

en dus kan hy alweer

as held uit nog ‘n episode stap

word nuut ge-akkoleer

en bly vergetelheid ontsnap

maar op ‘n later poolkruis-taak

kan sy hart nie meer verduur

nie en het hom nou totaal versaak

alleen in sy finale uur

eis die ysklou van die dood

koue laaste porsie lewensbrood.

 

© Meyer van Rensburg, 2024

 

 

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Adrenalien junkie
Meyer van Rensburg. BB →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d