Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 January 2026

Meyer van Rensburg. BB

 

BB

“Et Dieu…créa la femme

 

Sy was van die bourgeoisie

so sy studeer musiek

en dans (dis endogeen, die passie

van haar ma). Vir kameras wat kliek

skalkse model, ingénu mannekyn,

dan in  die fliek se flikkerskyn

word hierdie God-geskape vrou

“Frankryk se beste uitvoerware:

beter as Renault!”

‘n chic kalendernooi met blonde hare.

 

Nou ryk, beroemd, non-blosend ingepienk

(die rooi skree passie; wit onbevlek, rein)

vir robuuste manne blootgelê: in sync

met Lolerlei  se tart-sindroom, verskyn

die lokpop hedonisties-kaal.

Het Vadim, Charrier, Sachsen, d’Ormale

getrou maar, vurig ongetrou, nes sy:

Delon,  Beatty, Brozek, Distel: en aan

en aan: sy kan net nie by een beau bly

nie: tot sy kaalvoet na die honde gaan:

die sekskatjie veg vir alle katte,

brakke, bere, en wil nog baie meer

diere bek en klou verdedig

selfs as sy somtyds mense erg beledig:

tog word sy steeds vereer

al onteien sy haar seun, verban

hom as ‘n kankergroeisel en sy sê

smadend dat sy liewer net daar en dan

‘n hondjie as ‘n baba sou wou hê.

 

Maar sy word deur Macron ikonies

as “die legende van die eeu” beskou:

in ekstase nageaap deur maitresses, eteries

as heldin besing deur Beatles, Dylan, dan gou

op sydoek vasgelê in maniese Warhol-kleure.

So heers haar voorgehoude beeld

steeds voort (jonk, animaal, ontrou,

voordat sy oud vereelt)

as ideaal: die globale malmaakvrou

is in ons gebreklike lewensfeer

as die perfekte animus vereer.

 

© Meyer van Rensburg, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Ys-eskapades

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d