Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
10 October 2025

C. Fritze. Die smaakmaker van puin

 

Die smaakmaker van puin

https://www.youtube.com/c/Aurikatariina

 

Aurikatariina Kananen, smaakmaker en filosoof van skoonmaak,

verskuif weekliks kraters vullis,

haar smerige video’s vergader ’n biljoen likes op TikTok.

 

Kosmiese puin tuimel in wentelbane om die Aarde,

SpaceX – die gerieflike sondebok – se vuurpylreste,

fragmente van ruimtelike botsings, lê braak vir Auri.

Op haar pienk planeet ontwaak depressielyers,

uit nood genoop tot afstof, besiel deur skrop-terapie.

 

Auri vat ’n bodemlose put van smet aan,

een Scrub Daddy op ’n slag.

Die eens kindbestande inwoner van Pirkanmaa

sloof haar af vir ruimte op die aarde,

asof sy kon raai haar taak sou stellig wyer kring.

X-botte braak gal, begoëlde volgelinge voel verraai:

“Die impregnasie van Auri is ’n ramp vir die mensdom.”

 

Aurikatariina Kananen raak bestand teen trolle.

Op Amazon pryk haar opruim-boek: Omarm jou gemors,

huis skoonmaak kan jou sielsvreugde bring,

lui die titel van die silwerskoon blitsverkoper,

gewilder nog as Finse noir.

 

© C Fritze. 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

2e gedagtes oor “C. Fritze. Die smaakmaker van puin”

  1. Ena says:
    15 October 2025 at 19:39

    Aurikatariina sal mal wees oor jou suiwer, kreatiewe Afrikaans, Celeste.

    Sy mis uit!

    Reply
  2. Toekie says:
    13 October 2025 at 07:43

    So ‘n besonderse talent. Geniet dit altyd en sien uit na die volgende gedig.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d