I
Sofokles se klassieke verhaal van Koning Oedipus word by Pier Paolo Pasolini getransporteer na ‘n moderne Italië. Sy geswolle voet word ook ‘n geswelde hart met die slot:”Life ends where it begins”, ‘n refrein wat ons in Pasolini se ander films opmerk.
Ten slotte is die blinde Oedipus ‘n bedelaar op ‘n trap en soos die blinde Tiresias speel hy ‘n fluit.
Die film stel ook waansin gelyk aan boosheid. En dit waarvan ons nie weet nie, bestaan nie.
Sofokles se drama het in 428 V.C. verskyn.
Vele skrywers en filmmakers het al verwys na hierdie klassieke teks. In Woody Allen se Matchpoint (2005) verskyn die vermoorde buurvrou en minnares aan die moordenaar; met ‘n aanhaling uit Sofokles. Dat dit dalk beter sou wees om nooit gebore te word nie …
Freud se Oedipus-kompleks is gebou op Sofokles.
Pasolini se film word vrygestel in 1967. Die poster Edipo Re waarsku dat hy dalk iets weglaat in hierdie broeiende film wat in Marokko verfilm is.

Silvano Mano is Jokaste en Franco Citti haar seun. Met Ninetto Davoli as Angelo die boodskapper. (Ook die posman in Theorem).
(En in die werklike lewe was die posman romanties verbind aan Pasolini.)
Die verhaal van Oedipus wat glo Polibus en Merope van Korinte is sy werklike ouers. Die orakel van Delfi waarsku hom dat hy sy vader gaan doodmaak. Hierna besluit hy om nie terug te keer na sy ouerhuis nie en sy reis – in ‘n woedebui – maak hy sy vader, Laius dood. Hy reis verder – vir ‘n onbepaalde tyd – en ontdek mense in Tebes wat deur die sfinks geteister word. In die film is daar skokkende tonele van dooie en uitgeteerde mense. Ook ‘n kaal kindjie van drie jaar.
Jokaste eis dat die sfinks dood gemaak moet word. En die een wat dit regkry, mag met haar trou. In die film vernietig hy die sfinks deur haar in ‘n afgrond te gooi. Hy trou dan met Jokaste. ‘n Plaag tref die stad en vele mense sterf. Oedipus stuur sy swaer Kreon na die orakel vir raad. Die orakel deel Kreon mee dat alles sal endkry indien Laius se moordenaar vernietig word. Hy aanvaar nie die raad nie en vra dan die blinde Tiresias om na hom te kom. Tiresias vertel hom dan dat hý inderdaad sy eie vader vermoor het. In die film word alles voor ‘n skare onthul en Oedipus glo dat Kreon uit jaloesie alles so bewimpel het. Dan bely Jokaste dat Laius op ‘n pad vermoor is en dat die orakel nie altyd die waarheid vertel nie. Die skaapwagter (wat die kind gered het) word gevind en Oedipus besef dat hy inderdaad deur sy vader weggeneem is. Uit jammerte het die ou man hom nie doodgemaak nie. Net gelaat in die woestyn. Met omineuse beelde soos ‘n slang en roofvoëls. En iemand anders het hom vir Polibus gegee. Wat uitroep:”Fortune” toe hy die kind sien …
Jokaste hang haarself en Oedipus, in ‘n skokkende toneel in die film, steek sy oë uit. (In Theorem verblind die seun homself ná die besoeker hom verlei en mislei het.) Moderne Italië (voor-oorlogs, 1920 met die jaloerse vader) en uiteindelik Italië in die sestigerjare met Angelo wat die blinde fluitspeler Oedipus begelei. Angelo speel sokker met sy vriende. Dan roep Oedipus na hom.
En uiteindelik vind Oedipus berusting op die plek waar hy die eerste keer kon sien.
II
Verfilm in Marokko met Romeense volksliedjies teenoor Mozart se beroemde Strykkwartet in C-majeur.
Die Begrafnismars van 1905 word deur Oedipus op sy fluit gespeel. Die akteurs is Italiaans en Berbers. En die stilering is ‘n mengsel van middeleeuse helms en strooihoede. Ook Asteekse, Afrika en Sumeriese invloede is al uitgewys.
Om dalk te beklemtoon dat die verhaal in verskeie gedaantes orals gevind kan word? Net soos Pasolini se wrokkige verhouding met sy vader, ‘n luitenant in die weermag en die moeder by wie hy gebly het en met wie hy ‘n sterk verbintenis gehad het.
Pasolini gebruik en pas Sofokles aan. Dialoog is dikwels net so uit die oorspronklike teks geneem. Maar daar is vele aanpassings ook. Soos die gebruik van swart-en-wit wyshede: Waarheen gaan my jeug? Waarheen gaan ek?
Die son wat verblind in die woestyn word deur die kamera gemanipuleer om Oedipus se uiteindelike verblinding aan te kondig. Die jong kindjie in sy waentjie hou sy hand voor sy oë. Wanneer die moeder en vader seks het aan die begin van die film kyk die kind na hulle: afgesluit met ‘n deur wat hulle skei. Dis waarskynlik oujaarsaand in Italië met klappers en vuurwerke.
Die orakel jaag Oedipus weg: “Don’t taint these people with your presence.”
Daar is dikwels hoonlagte met aaklige tande. Die orakel het ‘n Afrika-masker; die sfinks word in die afgrond gegooi met die waarskuwing: die afgrond is binne-in jou …
Pasolini is ‘n meester-verteller wat die klassieke teks met vele intertekste en toespelings verryk.
III
Vele digters en dramaturge (en filmmakers) het al op hierdie teks gereageer.
En so dig Anthony Hecht oor Oedipus:
Chorus from Oedipus at Colonos
What is unwisdom but the lusting after
Longevity: to be old and full of days!
For the vast and unremitting tide of years
Casts up to view more sorrowful things than joyful;
And as for pleasures, once beyond our prime,
They all drift out of reach, they are washed away.
And the same gaunt bailiff calls upon us all.
Summoning into Darkness, to those wards
Where is no music, dance, or marriage hymn
That soothes or gladdens. To the tenements of Death.
Not to be born is, past all yearning, best.
And second best is, having seen the light.
To return at once to deep oblivion.
When youth has gone, and the baseless dreams of youth,
What misery does not then jostle man’s elbow,
Join him as a companion, share his bread?
Betrayal, envy, calumny and bloodshed
Move in on him, and finally Old Age—
Infirm, despised Old Age—joins in his ruin,
The crowning taunt of his indignities.
So is it with that man, not just with me.
He seems like a frail jetty facing North
Whose pilings the waves batter from all quarters;
From where the sun comes up, from where it sets,
From freezing boreal regions, from below,
A whole winter of miseries now assails him,
Thrashes his sides and breaks over his head.

https://poets.org/poem/chorus-oedipus-colonos Besoek 14 Oktober 2025
So praat Johann de Lange:
Coke & sodomie
Ons is die post-vigs generasie.
Ons naai nie met kondome nie,
ons suip en glo aan bigamie
en leef vir coke en sodomie.
Gee ons cocktails in die môre,
cocaine vir ‘n High Ball;
‘n Kamikaze, Velvet Hammer,
of ‘n Slow screw against the wall.
Gee ons Charlie Manson,
Jack the Ripper, Jeffrey Dahmer.
Gee ons liefde elke nag
in die donker galgekamer.
Gee ons onbeperkte seks:
Dionusos en Oedipus Rex.
Christus as ‘n rent boy,
die Madonna as ‘n heks.
Deesdae het ons threesomes:
ek en jy en ou Sluipdood
saam op die hemelbed,
kom almal finaal onder skoot.
Ons pelle chop nog kort-kort af;
die virus draf ons stilweg kaf.
Maar ons is nie sonder drome nie:
gee ons coke en sodomie.
(Wat sag is vergaan, 1995).
Joan Hambidge
Kaapstad
15 Oktober 2025
