Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 October 2025

Joan Hambidge. Pier Paolo Pasolini: digter en filmmaker

 

 

 

I

Pasolini se rolprent Theorem verskyn in 1968 met Terence Stamp wat die hoofrol vertolk as die besoeker in ‘n ryk Milanese huis. En dit verlaat nadat hy die bediende, die moeder, die dogter, die seun en die vader seksueel ontmasker het.

Ons weet nie hoekom hy daar is nie. Soos hy gekom het, vertrek hy uit die rykmanshuis. Die vader wat sy fabriek wil oorgee aan die werkers; Amelia wat die huis verlaat en terugkeer na haar beskeie bestaan met ‘n ander bediende wat onmiddellik met dieselfde naam haar plek inneem; die moeder wat haar ennui so probeer besweer; die dogter wat ook ‘n vaderkompleks het; die seun wat homself soos Oedipus verblind en misluk as skilder; die vader wat ‘n skandaal vrees ná hy die fabriek weggee en dolend in die woestyn dwaal. Naak.

Mozart se Requiem. Die Kyrie Eleison afgewissel met jazz. En ander musiek.

Die intertekste is uitgebreid: die moeder, Silvana Mangano, was in Oedipus Rex (1967) nes die posman.

 

 

Die dogter, Anne Wiazemsky, was Jean-Luc Godard se tweede vrou en een van die belangrike Godard-studies gebruik ‘n beeld uit hierdie film oor tyd te verduidelik. Wiazemsky was ook die kleindogter van Francois Mauriac. Self ‘n gerekende skrywer.

 

II

Theorem is ses keer bekyk deur my die afgelope twee weke. En elke keer is iets nuuts oopgemaak. Eers die film “skoon” gekyk en toe daarna die kommentaar van Robert Gordon.

Pasolini se beheptheid met skandaal is onderliggend aan hierdie film. Hoe die bourgeoisie enige vorm van die skandalige en grensoorskrydende vrees, word ondersoek. Wie is die besoeker?

Is hy ‘n soort Christus-figuur wat almal uitbring by hul ware self?

Gordon wys op die split in die film wat hy as ‘n diptiek sien: die letterlike reis teenoor ‘n spirituele een.

Die theorem as daar X is, moet daar Y wees.

Presies halfpad in die film, volgens Gordon, sien ons Amelia wat ‘n trem neem, dan ‘n bus en dan stap na die plaasopstal.

Hy let ook op die kamera wat spin tot 300 grade. Hierteenoor Odette, die dogter wat in ‘n katatoniese staat ingaan. Dalk, vra kritici van die tyd, ‘n soort kritiek op bourgois, op konvensionele sielkunde en ‘n kopknik na R.D. Laing, daardie altenatiewe Skotse psigiater?

Amelia beleef ‘n spirituele transformasie. Sy genees ‘n siek kind en weier om te eet. Sy eet net brandnetels wat twee kinders vir haar gee.

Uiteindelik word sy vry en leviteer teenoor Odette wat onbeweeglik vasgevang is in pyn.

Pietro, die seun, probeer skilder. Hy het saam met die besoeker gekyk na Francis Bacon se skilderye, ‘n skilder bekend vir sy kritiek op konvensies.

Pietro se skilderye is klaaglike mislukkings. Die blou aktiveer die blou oë van die besoeker en uiteindelik verblind hy homself soos Oedipus. Hy is ‘n student en hy pis op sy skildery. En hoe kan ‘n kleinburgerlike kunstenaar anti-bourgeois-kuns maak?, vra Gordon namens Pasolini.

Hier lewer Pasolini kommentaar op die 1968 studente opstande. “I hate you dear students playing at revolution”; in hul bevoorregting is die polisie werkersklas kinders. Hierdie verskoppelinge ondersoek hy eweneens briljant in Accattone (1961).

In die pynlike verhaal van die moeder (in haar klein Mini) wat die strate cruise in Milaan en seks het, wys op hoe diep sy geraak is deur die vertrek van die besoeker. Hier sien ons herhalingsdrif, kompulsie en verdriet. Filmies gedistansieerd vertel: die vulkaan simboliseer die orgasme. Ons sien Milaan vanuit háár perspektief. Ons beleef haar psigiese onrus wanneer sy op die markplein staan met ‘n beeld van Christus bó haar en ‘n beeld van ‘n priester.

Die twee jongelinge met wie sy seks gehad het buite Milaan, is nonchalant oor alles.

Amelia is werklik gesuiwer.

Die vader word aangekondig aan die begin van die film met ‘n besoek van joernaliste oor die fabriek wat aan die werkers gegee moet word. Ten slotte is hy op die stasie in Milaan. Hy sien ‘n jong man en kyk na die knop in sy broek. Wat hom herinner aan die besoeker s’n …

Hy trek sy klere uit en die kamera fokus op sy voete. En klere wat agtergelaat word.

Telkens die vulkaan wat alles beeldend vertel. Onrus. Die Bybelverhale uit Eksodus en Jeremia word eweneens gebruik as intertekste.

Ten slotte word Amelia begrawe in die stad.

Ons sien die hamer & sekel van die kommunisme teenoor die sogenaamde “digging machine”.

Dit aktiveer Pasolini se gedig:”The tears of the digger” (“Il pianto della scavatrice”)

 

Il pianto della scavatrice

I

Solo l’amare, solo il conoscere
conta, non l’aver amato,
non l’aver conosciuto. Dà angoscia

il vivere di un consumato
amore. L’anima non cresce più.
Ecco nel calore incantato

(…)

Le ceneri di Gramsci (Garzanti, 2015)

https://internopoesia.com/tag/il-pianto-della-scavatrice/

 

“The Weeping Excavator” wat huil wanneer ou geboue platgeslaan word weens die verlies van tradisionele waardes en die natuur. ‘n Kritiek op die gemeenskap wat geen respek vir mense of die natuur het nie.

 

The Tears of the Excavator

A soul within me, not just mine,

a little soul in that boundless world,

was growing, fed by the joy

.

of one who loves, though his love is unrequited.

And everything filled with light because of this love.

It was perhaps still a young boy’s heroic love,

.

and yet matured by experience

born at the foot of history.

(…)

https://www.reddit.com/r/Poetry/comments/g2pq22/poem_from_the_tears_of_the_excavator_by_pier/            Besoek 6 Oktober 2025

 

Sy word in die grond begrawe. Ons sien net haar oë en die trane langs haar in die grond …

Ten slotte die vader dolend in die woestyn. Naak en ontspoor.

 

III

‘n Politieke allegorie met skerp kritiek op ryk mense wat nie omgee vir ander nie.

piazzali di mercati, tristi

strade intorno al porto fluviale,

tra le baracche e i magazzini misti

 

market squares, sad

streets around the river port,

among the shacks and mixed warehouses …

 

Die uwe besit ses van sy films en studies oor die politiek, letterkunde, films.

 

Is Pasolini (1922 – 1975) vermoor tydens gay-cruising in Ostia of is hy deur politieke opponente uitgehaal? Die seun van ‘n onderwyseres (wat ook kamee-rolle in sy films vertolk) met die vader, ‘n luitenant in die weermag.

Digter, skrywer, filmmaker van formaat, akteur, dramaturg en dwarse polemis. Hier staan hy neffens Fellini:

 

En meester van die interteks.

 

Joan Hambidge

Kaapstad

7 Oktober 2025

 

Go back

Your message has been sent

Warning
Warning
Warning
Warning

Warning.

 

 

 

Pasolini se rolprent Theorem verskyn in 1968 met Terence Stamp wat die hoofrol vertolk as die besoeker in ‘n ryk Milanese huis. En dit verlaat nadat hy die bediende, die moeder, die dogter, die seun en die vader seksueel ontmasker het.

Ons weet nie hoekom hy daar is nie. Soos hy gekom het, vertrek hy uit die rykmanshuis. Die vader wat sy fabriek wil oorgee aan die werkers; Amelia wat die huis verlaat en terugkeer na haar beskeie bestaan met ‘n ander bediende wat onmiddellik met dieselfde naam haar plek inneem; die moeder wat haar ennui so probeer besweer; die dogter wat ook ‘n vaderkompleks het; die seun wat homself soos Oedipus verblind en misluk as skilder; die vader wat ‘n skandaal vrees ná hy die fabriek weggee en dolend in die woestyn dwaal. Naak.

Mozart se Requiem. Die Kyrie Eleison afgewissel met jazz. En ander musiek.

Die intertekste is uitgebreid: die moeder, Silvana Mangano, was in Oedipus Rex (1967) nes die posman.

@@@@

 

Die dogter, Anne Wiazemsky, was Jean-Luc Godard se tweede vrou en een van die belangrike Godard-studies gebruik ‘n beeld uit hierdie film oor tyd te verduidelik. Wiazemsky was ook die kleindogter van Francois Mauriac. Self ‘n gerekende skrywer.

II

Theorem is ses keer bekyk deur my die afgelope twee weke. En elke keer is iets nuuts oopgemaak. Eers die film “skoon” gekyk en toe daarna die kommentaar van Robert Gordon.

Pasolini se beheptheid met skandaal is onderliggend aan hierdie film. Hoe die bourgeoisie enige vorm van die skandalige en grensoorskrydende vrees, word ondersoek. Wie is die besoeker?

Is hy ‘n soort Christus-figuur wat almal uitbring by hul ware self?

Gordon wys op die split in die film wat hy as ‘n diptiek sien: die letterlike reis teenoor ‘n spirituele een.

Die theorem as daar X is, moet daar Y wees.

Presies halfpad in die film, volgens Gordon, sien ons Amelia wat ‘n trem neem, dan ‘n bus en dan stap na die plaasopstal.

Hy let ook op die kamera wat spin tot 300 grade. Hiertoonoor Odette, die dogter wat in katatoniese staat ingaan. Dalk, vra kritici van die tyd, ‘n soort kritiek op bourgois op konvensionele sielkunde en ‘n kopknik na R.D. Laing, daardie altenatiewe Skotse psigiater?

Amelia beleef ‘n spirituele transformasie. Sy genees ‘n siek kind en weier om te eet. Sy eet net brandnetels wat twee kinders vir haar gee.

Uiteindelik word sy vry en leviteer teenoor Odette wat onbeweeglik vasgevang is in pyn.

Pietro die seun probeer skilder. Hy het saam met die besoeker gekyk na Francis Bacon se skilderye, ‘n skilder bekend vir sy kritiek op konvensies.

Peitro se skilderye is klaaglike mislukkings. Die blou aktiveer die blou oë van die besoeker en uiteindelik verblind hy homself soos Oedipus. Hy is ‘n student en hy pis op sy skildery. En hoe kan ‘n kleinburgerlike kunstenaar anti-bourgeois-kuns maak?, vra Gordon namens Pasolini.

Hier lewer Pasolini kommentaar op die 1968 studente opstande. “I hate you dear students playing at revolution”; in hul bevoorregting is die polisie werkersklas kinders. Hierdie verskoppelinge ondersoek hy eweneens briljant in Accattone (1961).

In die pynlike verhaal van die moeder (in haar klein Mini) wat die strate cruise in Milaan en seks het, wys op hoe diep sy geraak sy is deur die vertrek van die besoeker. Hier sien ons herhalingsdrif, kompulsie en verdriet. Filmies gedistansieerd vertel: die vulkaan simboliseer die orgasme. Ons sien Milaan vanuit háár perspektief. Ons beleef haar psigiese onrus wanneer op die markplein staan met ‘n beeld van Christus bó haar en ‘n beeld van ‘n priester.

Die twee jongelinge met wie sy seks gehad het buite Milaan, is nonchalant oor alles.

Amelia is werklik gesuiwer.

Die vader word aangekondig aan die begin van die film met ‘n besoek van joernaliste oor die fabriek wat aan die werkers gegee moet word. Ten slotte is hy op die stasie in Milaan. Hy sien ‘n jong man en kyk na die knop in sy broek. Wat hom herinner aan die besoeker s’n …

Hy trek sy klere uit en die kamera fokus op sy voete. En klere wat agtergelaat word.

Telkens die vulkaan wat alles beeldend vertel. Onrus. Die Bybelverhale uit Eksodus en Jeremia word eweneens gebruik as intertekste.

Ten slotte word Amelia begrawe in die stad.

Ons sien die hamer & sekel van die kommunisme teenoor die sogenaam “digging machine”.

Dit aktiveer Pasolini se gedig:”The tears of the digger” (“Il pianto della scavatrice”)

Il pianto della scavatrice

I

Solo l’amare, solo il conoscere
conta, non l’aver amato,
non l’aver conosciuto. Dà angoscia

il vivere di un consumato
amore. L’anima non cresce più.
Ecco nel calore incantato

(…)

Le ceneri di Gramsci (Garzanti, 2015)

https://internopoesia.com/tag/il-pianto-della-scavatrice/

 

“The Weeping Excavator” wat huil wanneer ou geboue platgeslaan word weens die verlies van tradisionele waardes en die natuur. ‘n Kritiek op die gemeenskap wat geen respek vir mense of die natuur het nie.

The Tears of the Excavator

A soul within me, not just mine,

a little soul in that boundless world,

was growing, fed by the joy

.

of one who loves, though his love is unrequited.

And everything filled with light because of this love.

It was perhaps still a young boy’s heroic love,

.

and yet matured by experience

born at the foot of history.

(…)

https://www.reddit.com/r/Poetry/comments/g2pq22/poem_from_the_tears_of_the_excavator_by_pier/            Besoek 6 Oktober 2025

 

Sy word in die grond begrawe. Ons sien net haar oë en die trane langs haar in die grond …

Ten slotte die vader dolend in die woestyn. Naak en ontspoor.

III

 

‘n Politieke allegorie met skerp kritiek op ryk mense wat nie omgee vir ander nie.

piazzali di mercati, tristi
strade intorno al porto fluviale,
tra le baracche e i magazzini misti

market squares, sad

streets around the river port,

among the shacks and mixed warehouses …

 

Die uwe besit ses van sy films en studies oor die politiek, letterkunde, films.

 

Is Pasolini (1922 – 1975) vermoor tydens gay-cruising in Ostia of is hy deur politieke opponente uitgehaal? Die seun van ‘n onderwyseres (wat ook kamee-rolle in sy films vertolk) met die vader, ‘n luitenant in die weermag.

Digter, skrywer, filmmaker van formaat, akteur, dramaturg en dwarse polemis. Hier staan hy neffens Fellini:

@@@@

En meester van die interteks.

Joan Hambidge

Kaapstad

7 Oktober 2025

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Die bloei van blomme : Laat alles val wat nog val in hom het
Joan Hambidge. Pasolini en Koning Oedipus →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d