Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 October 20255 July 2025

100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)

VOORDAT EK DOODGAAN

Nog een keer praat
oor die lewe se warmte
sodat tog enkeles weet:
Dit is nie warm nie
maar dit sou kon warm wees

Voordat ek doodgaan
nog een keer praat
oor liefde
sodat tog enkeles sê:
Daar was so iets
daar moet so iets wees

Nog een keer praat
oor die geluk van hoop op geluk
sodat tog enkeles vra:
Wat was dit
wanneer kom dit terug?

***

BEVOR ICH STERBE

Noch einmal sprechen
von der Wärme des Lebens
damit doch einige wissen:
Es ist nicht warm
aber es könnte warm sein

Bevor ich sterbe
noch einmal sprechen
von Liebe
damit doch einige sagen:
Das gab es
das muß es geben

Noch einmal sprechen
vom Glück der Hoffnung auf Glück
damit doch einige fragen:
Was war das
wann kommt es wieder?

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor Erich Fried:

https://en.wikipedia.org/wiki/Erich_Fried

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/beate-pinkerneil-zu-erich-frieds-gedicht-bevor-ich-sterbe/2017/04/

ʼn Video met ʼn voordrag van die gedig:

____________________________________________________________________________________________________________

MAG VAN DIE DIGKUNS

“Jou geniale gedig
gaan nie net baie nuttig wees
en die seevaart veiliger maak
as ooit tevore
omdat dit so onmiskenbaar
waarsku teen ysberge
op ʼn skynbaar oop see nie
maar dit gaan
weens die skoonheid van jou beskrywing
van die ysberge en die golwe
en van die botsing
tussen die wilde natuur en haar oorwinnaar die mens
ook vir jou onsterflik maak!”

So, min of meer, het ʼn meisie
glo aan ʼn jong digter
gesê
terwyl sy hom
dweperig aankyk
in die skeepsalon
die dag voor die einde van die vaart
volgens die berig van ʼn toehoorder
wat dié woorde ná die ongeluk
nie kon vergeet nie
ook nie ná sy berging
uit een van die oorvol
reddingsbote nie

***

MACHT DER DICHTUNG

„Dein geniales Gedicht
wird nicht nur sehr nützlich sein
und die Seefahrt sicherer machen
als je bisher
weil es so unüberhörbar
vor Eisbergen warnt
auf scheinbar offener See
sondern es wird
dank der Schönheit deiner Beschreibung
der Eisberge und der Wogen
und des Zusammenstoßes
zwischen der wilden Natur und ihrem Besieger Mensch
auch dich unsterblich machen!“

Das etwa soll ein Mädchen
zu einem jungen Dichter
gesagt haben
den sie dabei
schwärmerisch ansah
im Schiffssalon
am Tag vor dem Ende der Fahrt
laut Bericht eines Zuhörers
dem die Worte dann nach dem Unglück
nicht aus dem Kopf gingen
auch nicht nach seiner Bergung
aus einem der überfüllten
Rettungsboote

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/walter-hinck-zu-erich-frieds-gedicht-macht-der-dichtung/2016/12/

____________________________________________________________________________________________________________

WAT DIT IS

Dit is onsin
sê die verstand
Dit is wat dit is
sê die liefde

Dis ongeluk
sê die berekening
Dit is net maar smart
sê die angs
Dit is uitsigloos
sê die insig
Dit is wat dit is
sê die liefde

Dit is belaglik
sê die trots
Dit is ligsinnig
sê die versigtigheid
Dit is onmoontlik
sê die ervaring
Dit is wat dit is
sê die liefde

***

WAS ES IST

Es ist Unsinn
sagt die Vernunft
Es ist was es ist
sagt die Liebe

Es ist Unglück
sagt die Berechnung
Es ist nichts als Schmerz
sagt die Angst
Es ist aussichtslos
sagt die Einsicht
Es ist was es ist
sagt die Liebe

 

Es ist lächerlich
sagt der Stolz
Es ist leichtsinnig
sagt die Vorsicht
Es ist unmöglich
sagt die Erfahrung
Es ist was es ist
sagt die Liebe

Vertaal deur Bernard Odendaal
________________________________

Bron:

Die Lieblingsgedichte der Deutschen. München: Piper Verlag GmbH (1. Auflage 2003, 25. Auflage 2021); oorgeneem uit: Fried, Erich. 1983. Gesammelte Werke. Gedichte 3. Verlag Klaus Wagenbach, Berlin.

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/ulla-hahn-zu-erich-frieds-gedicht-was-es-ist/2012/11/

ʼn Video met ʼn voordrag van die gedig:

Opmerkings:

ʼn Vorige weergawe van dié gedigvertaling het hier verskyn: https://versindaba.co.za/2022/07/16/erich-fried-vertaling-in-afrikaans/

ʼn Nog vroeër vertaalweergawe is getoonset deur Herman van den Berg en ingesluit op die CD Herman van den Berg. Dit is wat dit is, HVDB007, 2008. Dit kan beluister word by: https://open.spotify.com/track/4V3S1utCCKMUJMhsA7ls3p.

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

4e gedagtes oor “100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)”

  1. Bernard Odendaal says:
    3 November 2025 at 19:19

    Dankie, Joan.

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    31 October 2025 at 18:33

    Was es ist!

    Puik vertaal.

    Reply
  3. Willemien du Preez says:
    29 October 2025 at 17:30

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. ‘n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

    Reply
    1. Bernard Odendaal says:
      30 October 2025 at 18:48

      Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde – dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur besinners oor die digkuns. Toegegee: die abstraksies wat hy ten tonele voer, word dan soos dinge, toestande of perspektiewe.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d