Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 December 2025

Dan Roodt. longyearbyen

 

longyearbyen

 

al stam ons almal af van

van riebeeck se standbeeld in die heerengracht

koue brons deur eeue bewaar soos

’n voc-argief bevrore

is daar ook nog willem

van die barentszsee

 

op sy derde noordreis in 1596

met die witte swaen

ontdek hy die nuwe land

niemandsland

spitsbergen

eilande van ysgrond

svalbart

die koue kuste

 

hier tussen vierduisend jaar oue gletsers woon

deesdae steeds minder mense

as ysbere

die dra van wapens is wetlik verplig

al is die eiland misdaadloos

 

sterf mag mens nie

ook nie geboorte skenk nie

al word twintig miljoen sade

vir die nageslag

in geenbanke bewaar

 

graag wil ek my ouma se

spesiale lemmetjie op haar plaas

in die rustenburgdistrik gaan soek

om op spitsbergen te

bank

dalk ook my gunstelingaartappel

 

die poolnag duur vyf maande

terwyl die noorderlig

die hemel

groen en pers

soos stille weerlig skilder

geen boom groei hier nie

die lug is woestyndroog

 

op spitsbergen mag enigiemand woon

ongeag vaderland visum of permit

’n koel utopie

wit

soos sneeu

soos die swaan

tussen ysberge langsaam vaar

 

slagoffers van die 1918-griep

bewaar hul eeu oue kiem

in hul grondysgrafte

soos ingeprente woorde

 

in die russiese spookdorp

pyramiden

bly ‘n klavier agter

verstar verlate

kompleet met bladmusiek

note geluidloos soos

ysbeerspore in die sneeu

 

twintig miljoen sade vir tweeduisend

inwoners op die dorp doen

inkopies drink koffie

vroue laat stootwaentjies

met elders gebore

babas

sorgeloos buite winkels of kafees

in minustemperature

’n wikinggewoonte soos orals in skandinawië

slapende kindergesiggies hiberneer

 

die witte swaan het korrels saad laat val

soos onbeantwoorde liefde

vier keer het sy nee gesê

soos ysgrond verseg om te smelt

 

die vlerkgeklapper van die wilde swane

maak die digter hartseer

was hy maar meer begeester

met liefde vir sy vaderland

 

die reis na ’n eie land

is moeisamer as die ystrek

oor groenland

of die boottog na die barentszsee

 

© Dan Roodt, 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Dan Roodt. liefdesgedig vir wikinge

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d