Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 December 2025

Joan Hambidge. Lawrence Durrell

 

I

Die digter Johann de Lange het as volg oor Cavafy / Kavafis gedig in 1991:

 

Twee vriende

na Cavafy

 

Hulle is minnaars soos hulle daar stap.

Hulle kan dit nie wegsteek nie.

lets aan hulle houding suggereer meer

as wat sigbaar is: die oorleun

van hulle lywe na mekaar,

‘n vertroulikheid in die kantel

van nek en skouers,

en ook hulle stap

– in pas – verraai iets

van die soort bed

waaruit hulle so pas opgestaan het.

 

‘n Goeie palinode.

 

Met die herlees van Lawrence Durrell se The Alexandria Quartet gaan ons op ‘n ontdekkingstog oor die rol van die digter Kafafis in hierdie roman.

In 2023 verskyn Konstantinos P. Kavafis se Van Alexandrië na Ithaka uitmuntend vertaal deur Louise Cilliers.

Die vertaler wys op die verskille tussen puritistiese en volks Grieks en hoe die digter telkens ‘n woord kies wat die beste pas. Sy wys verder op die mitologiese, historiese, filosofiese en homoërotiese temas.

Die digter is bekroon met die Medalje van die Orde van die Phoenix.

Sy gee ‘n kort lewensloop van die digter, gebore in Alexandrië in 1863.  Dan weens onluste in die stad, die familie se vertrek na Konstantinopel. Sy verskaf eweneens ‘n opsomming van sy digterlike loopbaan en die familie se ellendes. Hy werk vir die Egiptiese kantoor van Waterwese ten einde te oorleef vir ongeveer dertig jaar.

Die digter het min gereis en sterf op 29 April 1933 op sy sewentigste verjaarsdag.

 

Lawrence Durrell was self ‘n gerekende digter:

 

Acropolis

The soft quem quam will be Scops the Owl
conjugation of nouns, a line of enquiry,
powdery stubble of the socratic prison
laurels crack like parchments in the wind.
who walks here in the violet dust at night
by the tower of the winds and water-clocks?
tapers smoke upon open coffins
surely the shattered pitchers must one day
revive in the gush of marble breathing up?
call again softly, and again.
the fresh spring empties like a vein
no children spit on their reflected faces
but from the blazing souk below the passive smells
bread urine cooking printing-ink
will tell you what the sullen races think
and among the tombs gnawing of mandolines
confounding sleep with carnage where
strangers arrive like sleepy gods
dismount at nightfall at desolate inns.

https://allpoetry.com/Lawrence-Durrell/ Besoek 30 November 2025

 

II

Die toets vir ‘n oortuigende vertaling is dat dit nie soos een moet klink nie. En die Duitse vertalings van Bernard Odendaal en Robert Schall is uitstekende bewyse van hiervan.

Verse wat melancholies is, spreek tot my. Dit wat handel oor verbode liefde. Verlange na wat wás …

Herinneringe soos in die slot van die gedig “Grys” (87):

 

Herinnering, bewaar hulle

soos hulle eens was,

herinnering, bring my vanaand wat jy kan,

al wat jy kan

van daardie liefde van my.

 

 

“Op die skip” (78) is ‘n melancholiese terugkyk na ‘n verhouding wat ver in die verlede lê. Met herinnering wat vervaag soos ‘n potloodtekening. Betowerend ontsluit presies hoe dit was: toe.

 

Op die skip 

 

Hierdie klein potloodtekening

lyk vir seker soos hy.

 

Vlugtig geskets op die skip se dek

op ’n betowerende middag,

die Ioniese See rondom ons.

 

Dit lyk soos hy.

Maar ek onthou hom meer aantreklik.

Pynlik wellustig.

Dit straal uit sy gelaat.

Hy lyk vir my mooier

noudat my siel

hom uit tyd oproep.

 

Uit tyd.

Al hierdie dinge

is eintlik baie oud –

die skets,

die skip,

die middag.

 

*

 

“Hy verlaat die kantoor” (83) is ‘n klassieke gedig. Die verveling van die werk en die slenter aktiveer cruising bekend aan die gay-man se bestaan. In die silhoeët van die man word alles weergegee. Hier dink ‘n mens aan De Lange se gedigte waar hy ook na hierdie digter as cruiser verwys.

Die gedig se slot is weggelaat. In die Engelse vertaling van Keely en Sherrard lees ons:

 

Quickly, secretly, so the shopowner sitting at the back
wouldn’t realize what was going on.

 

 

Hy verlaat die kantoor

 

Hy verlaat die kantoor waar hy

teen ’n karige salaris in diens was,

’n onbeduidende pos

(sy salaris net agt pond, bonusse ingesluit).

Hy verlaat die kantoor

na nog ’n vervelige werksdag,

die hele middag moes hy geboë sit.

Hy verlaat die kantoor sewe uur,

loop stadig uit,

slenter rustig straat af.

’n Mooi jong man,

’n tikkie verleidelik, duidelik voluit sensueel.

Nege-en-twintig geword ’n maand gelede.

 

Rustig drentel hy straat af

langs armoedige stegies na sy huis,

 

verby ’n klein winkeltjie wat goedkoop

en alledaagse items vir werksmense adverteer.

Hy sien ’n gesig daar binne, ’n silhoeët

wat hom noop om in te gaan.

Hy gee voor hy soek gekleurde sakdoeke.

 

Hy vra uit oor die sakdoeke

se kwaliteit, die prys,

sy stem gesmoor,

byna onhoorbaar deur hartstog.

Die antwoord kom na hom

in dieselfde trant,

vaag, verward, fluisterend,

kwalik ’n verborge instemming.

 

Deurentyd gaan die gesprek oor die koopware –

maar eintlik is die doel

dat hul hande moet raak

oor die sakdoeke,

dat hul gesigte,

hul lippe mekaar asof toevallig nader,

dat daar momenteel

liggaamlike kontak sou wees.

 

*

 

So klink die Engelse weergawe:

 

He Asked about the Quality―

 

He left the office where he’d taken up
a trivial, poorly paid job
(eight pounds a month, including bonuses)—
left at the end of the dreary work
that kept him bent all afternoon,
came out at seven and walked off slowly,
idling his way down the street. Good-looking;
and interesting: showing as he did that he’d reached
his full sensual capacity.
He’d turned twenty-nine the month before.

He idled his way down the main street
and the poor side-streets that led to his home.

Passing in front of a small shop
that sold cheap and flimsy things for workers,
he saw a face inside there, saw a figure
that compelled him to go in, and he pretended
he wanted to look at some colored handkerchiefs.

He asked about the quality of the handkerchiefs
and how much they cost, his voice choking,
almost silenced by desire.
And the answers came back the same way,
distracted, the voice hushed,
offering hidden consent.

They kept on talking about the merchandise—but
the only purpose: that their hands might touch
over the handkerchiefs, that their faces, their lips,
might move close together as though by chance—
a moment’s meeting of limb against limb.

Quickly, secretly, so the shopowner sitting at the back
wouldn’t realize what was going on.

 

Reprinted from C. P. Cavafy: Collected Poems Revised Edition, translated by Edmund Keeley and Philip Sherrard, edited by George Savvidis. Translation copyright © 1975, 1992 by Edmund Keeley and Philip Sherrard. Princeton University Press.

https://www.onassis.org/initiatives/cavafy-archive/the-canon/he-asked-about-the-quality Besoek 1 Desember 2025

 

 III

In die oorlog toe Alexandrië gebombardeer is deur die Britte, word al hierdie digter se dokumente verwoes.

 

So het Auden oor hom geskryf in die inleiding tot sy Versamelde gedigte (1961):

 

 “Cavafy was a homosexual, and his erotic poems make no attempt to conceal the fact.” Auden added: “As a witness, Cavafy is exceptionally honest. He neither bowdlerizes nor glamorizes nor giggles. The erotic world he depicts is one of casual pickups and short-lived affairs. Love, there, is rarely more than physical passion … At the same time, he refuses to pretend that his memories of moments of sensual pleasure are unhappy or spoiled by feelings of guilt.”

https://www.poetryfoundation.org/poets/c-p-cavafy  Besoek 1 Desember 2025

 

Gebore in Alexandrië, maar weens die vader se posisie verhuis hulle na Liverpool om die uitvoerbesigheid beter te kan beheer. Die vader sterf en weens wanbestuur deur die sibbe, word hulle terug gedwing na Alexandrië.

Hier woon hulle tot in 1882 en die moeder neem die digter na Konstantinopel weens die dreigende gevare.

Hy keer terug na Alexandrië toe sy moeder sterf.

Dis ook bekend dat hy gedigte vir vriende gestuur het en Durrell skryf hieroor in sy roman.

Durrell se roman is ‘n argief wat ‘n mens terugneem na hierdie digter en vertalers wat hom bewaar het.

 

In Afrikaans is Louise Cilliers se werk ‘n baken.

 

Bronne:

Cilliers, Louise. 2023. Van Alexandrië na Ithaka. Gansbaai, Naledi.

De Lange, Johann. 1991. Nagsweet. Johannesburg: Taurus.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Lawrence Durrell: biblioteke en argiewe
Joan Hambidge. Lawrence Durrell as digter   →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d