Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 December 20252 December 2025

Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.

 

Toe ek Johann de Lange leer ken het, het hy saam met sy ouma in ’n tweeslaapkamerwoonstel op die tweede verdieping van die Los Angeles-woonstelgebou in Troyestraat in Sunnyside gewoon en later na ’n woonstel op die sesde verdieping in die besige Paul Krugerstraat in die middestad van Pretoria verhuis waar foto’s en plakkate van C. Louis Leipoldt, James Dean en Marilyn Monroe die mure vol gehang het.

Ná Johann se bouerpa Leonardus C. de Lange (1936–1975) se selfmoord en sy ma, Grace Helen Griffin (1941–2019), se gereelde afwesigheid, het sy ouma Christina Johanna Martha (1907–1998) haar oor hom ontferm en saam met hom van familie na familie rondgetrek tot hulle in die woonstel in Pretoria kom woon en sy vir hom gesorg het. Oor sy ma het Johann min gepraat en ek het net sy suster, Antoinette, eenkeer vlugtig by hom gesien.

Wanneer ek geskakel het, het sy ouma, wat swaar beweeg het, altyd ná ’n kort, vriendelike gesprek “die kind” geroep, en hom soms Kas genoem. In die netjiese woonstel met parketvloere was ’n groeiende versameling boeke en videos wat sy kosbare besitting was (’n deel daarvan is later aan die Universiteit van Venda se biblioteek verkoop), ’n groot, swaar lessenaar en ’n elektriese tikmasjien waarop hy baie vinnig kon werk.

In Johann se tikmasjien was daar byna altyd ’n gedig waarmee hy besig was – deel van ’n groeiende versameling van honderde en later selfs duisende gedigte (wat hy destyds genommer het soos hulle ontstaan het).

Vir my aardig in die woonstel was die kopbeen wat op een van die boekrakke gestaan het (en een aand glo misterieus daar afgeval het). Die kopbeen was ’n geskenk van ’n mediese student. Danksy ’n kennis het hy ook nadoodse ondersoeke en een of twee operasies bygewoon en na lyke in die Mediese Fakulteit van die universiteit gaan kyk. ’n Uitstappie waartydens Johann en onder meer sy neef Daniël een aand verspotte en redelik makabere foto’s tussen grafte geneem en by Kodak vir ontwikkeling ingegee het, is met ’n waarskuwing om dit nie weer te doen nie teruggehou.

Reeds in daardie stadium het Johann ’n bedrywige nagtelike sosiale lewe gehad en klaarblyklik sy gay fantasieë uitgeleef. Ek het hom een of twee keer na ’n kroeg in die middestad vergesel en van sy vriende ontmoet. Dit het my opgeval dat Johann nooit alkohol gebruik het nie (moontlik na aanleiding van sy pa se gebruik van dwelms en alkohol). Hy het my ook tydens een van hierdie uitstappies vertel watter rol die “spel van oë” in die kroeg speel.

 

© Johann Lodewyk Marais, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Artikelreeks: Johann de Lange
Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange, iets oor SENSAL en die gay-tema →

1e kommentaar op “Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.”

  1. Marthé McLoud says:
    3 December 2025 at 10:01

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d