I
Lawrence Durrell se besonderse verbintenis met Kafafis (Cavafy) is die afgelope tyd uitgewys. Hoe hy as romanskrywer hierdie digter se werk gebruik om iets van Alexandrië, die beroemde stad, op te vang in sy The Alexandria Quartet.
Die stad as dekadent, maar ook geromantiseer deur die verskillende karakters en vertellers.
Die gedigte as endnote is Durrell se eie vertalings én verwerkings van die gedigte. Rendisies van die oorspronklike wat ons dwing om die verskillende weergawes te vergelyk. In Justine o.a. is van sy gedigte opgeneem.
Die spel tussen vertaling én herdigting.
II
In die pas verskene roman van Ian McEwan What we can know word alles om die sogenaamde corona sonnet gebou. Een persoon word aangespreek en daar is gewoonlik een tema met die finale reël van die voorafgaande sonnet wat dan sluit. ‘n Sonnet-binne-in-‘n-sonnet. John Fuller se “Marston Meadows: A Corona for Prue”, oorspronklik gepubliseer in TLS 9 Julie 2021 word hier opgeroep.
https://www.the-tls.com/literature/original-poems-literature/marston-meadows-a-corona-for-prue-original-poem-john-fuller Besoek 13 Desember 2025
1.
Come, then, we’ll walk (what else is there to do?)
Down to the goosey river, where the weir
Sprawls like our dreams and seethes throughout the year
Into the secret fields. Just me and you
Tracking the shape and startled peekaboo
Of a lost roe deer (surprised to find us near
But fixed in curiosity, not fear).
These are the meadows, and our rendezvous.
It seems an age since the retreat of March,
Its caution and alarm. Then we were shocked
By graphs in April and the great delay
Through weeks that reached like columns of an arch
That rises into mist, our vision locked
In the uncertainties of dangerous May.
2.
In the uncertainties of dangerous May
Arrives this sense of yielding and of stasis.
It’s the new sun that does it. It outfaces
All of our nightmares with its brilliant day.
It wins its endless quarrel with the grey,
Touching with colour all the roses’ faces.
It brings the beetles from their hiding-places
And all the beasts into their sexual play.
And now the joggers splutter round the Parks
Like frantic surgeons. Sounds of silence bring
Some kinds of paranoia: far away
Meaningless bells, unusual meadowlarks,
With all the threats and terror of the Spring,
And Summer coming into disarray.
…
Danksy Craig Raine (wat bedank word) neem Ian McEwan sy lesers op ‘n ingewikkelde en uiters tersaaklike staptog deur die roman- en digkuns. Raine se beroemde gedig “A Martian Sends a Postcard Home” (1979) bly steeds relevant:
…
No one is exempt
and everyone’s pain has a different smell.
At night, when all the colours die,
they hide in pairs
and read about themselves –
in colour, with their eyelids shut.
By McEwan raak die sonnet verlore en die navorser Tom soek daarna. Wat hy vind, wil hierdie leser nie verklap nie.
III
Die Corona word ook die sonnet redoublé genoem. 15 sonnette met ‘n finale sluitende een met die eerste of laaste reëls van die voorafgaande veertien sonnette. Dit gaan terug na 1460 en is deur die Siena Akademie uitgewerk.
Verskillende digters het deur die jare in verskillende tale hierdie vorm uitgewerk en vervolmaak. Te veel om op te noem.
‘n Speelse sonnet van John Updike begin alte heerlik:
In Love’s rubber armor I come to you.
Die belangrikste voorbeeld van die kroonsonnet word deur Cuddon uitgewys as John Donne se Holy Sonnets.
IV
So bring romanskrywers verrassings vir die speurende leser.
McEwan se roman is ‘n meditasie oor die skryfkuns én ‘n besinning oor die digkuns se invloed op ons lewens.
Tom Metcalfe, ‘n navorser aan die Universiteit van South Downs, wat argiewe besoek aan die vroeë 21e eeu. Dit handel oor ‘n verlore gedig, eenmalig gehoor in 2014 en dan verdwyn. Die gedig word ‘n simbool van wat verlore geraak het …
Joan Hambidge
Kaapstad
16 Desember 2025
Bronne:
Cuddon, J.A. 2013. A Dictionary of Literary Terms and Literary Theory. Londen: Penguin.

Bedank. Ek het die bundel begin lees en vind dit uitsonderlik goed. Tegnies uiters vaardig. Nie net die uitstekende korona-sonnet nie, maar die spel met die liefdesvers. Vanaf die humoristiese programgedig gryp hierdie bundel ‘n mens.
Die enigste gepubliseerde sonnettekrans in Afrikaans waarvan ek weet, staan in Jakes M”oller se bundel Koorsboom (Turksvy Publikasies, 2025). Dit open en eindig met die die metapo”etikale, sirkulerende re”el: “Die begin gaan die einde tegemoet”. Ook in die res van die bundel lewer die digter bewys van sy tegniese virtuositeit.