Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 December 202518 December 2025

100 Duitse Bestes: Wolf Biermann (1936-)

BEMOEDIGING

Opgedra aan Peter Huchel

Vriend, laat jou nie verhard nie
In hierdie harde tyd
Wie al te hard is, breek,
Wie al te spits is, steek
En breek af tegelyk

Vriend, laat jou nie verbitter
In hierdie bitter tyd nie
Die heersers gaan nog sidder
– sit jy eers ingekerker –
Maar nie oor jou wat ly nie

Vriend, laat jou nie verskrik nie
In dié verskrikkingstyd
Laat dit hul nie geluk nie
Dat ons die wapens neerlê
Reeds voor die reusestryd

Vriend, laat jou nie verbruik nie
Gebruik jyself jou tyd
Jy kan nie onderduik nie
Ons het mekaar nou nodig
Júis jou blymoedigheid

Ons wil dit nie verswyg nie
In hierdie tyd van swyg
Die groen bot uit die twygies
Dít wil ons almal wys
Dan kom die boodskap tuis.

***

ERMUTIGUNG

Peter Huchel gewidmet

Du, laß dich nicht verhärten
in dieser harten Zeit
Die allzu hart sind, brechen
die allzu spitz sind, stechen
und brechen ab sogleich

Du, laß dich nicht verbittern
In dieser bittren Zeit
Die Herrschenden erzittern
– sitzt du erst hinter Gittern –
Doch nicht vor deinem Leid

Du, laß dich nicht erschrecken
In dieser Schreckenszeit
Das wolln sie doch bezwecken
Daß wir die Waffen strecken
Schon vor dem großen Streit

Du, laß dich nicht verbrauchen
Gebrauche deine Zeit
Du kannst nicht untertauchen
Du brauchst uns, und wir brauchen
Grad deine Heiterkeit

Wir wolln es nicht verschweigen
In dieser Schweigezeit
Das Grün bricht aus den Zweigen
Wir wolln das allen zeigen
Dann wissen sie Bescheid.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Bron:

„Die hab ich satt …“ – Texte von Wolf Biermann (https://bildungsserver.berlin-brandenburg.de/fileadmin/havemann/docs/material/49_M.pdf besoek op 30 Julie 2025)

Oor Wolf Biermann:

https://en.wikipedia.org/wiki/Wolf_Biermann

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits, asook een in Engels):

https://de.wikipedia.org/wiki/Ermutigung_(Biermann)

https://en.wikipedia.org/wiki/Ermutigung

ʼn Video met Wolf Biermann wat sy toonsetting van “Ermutigung” sing:

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond
  • Don’t Hesitate! – AVBOB Poetry Mini-Competition winners

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d