Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 December 20259 August 2025

100 Duitse Bestes: Robert Gernhardt (1937-2006)

GRONDBEGINSELS VAN ’N KRITIEK OP DIE BEKENDSTE DIGVORM VAN ITALIAANSE OORSPRONG

Sonnette vind ek so wat van pateties,
so eng, rigied, ag man, eenvoudig shite;
dink net dat iemand iewers dalk freneties
sonnette sit en pleeg. – Maar net die feit,

die blote kans, dat een of ander loeder
vandag nog sulke droë stront aanjaag,
kan werklikwaar my hele dag befoeter.
Ek raak skoon gatvol daarvan. En my maag

wil draai as sulke opgefokte vreksels
my met hul gek draadtrekkery blokkeer;
boeta, ek pes daai bliksems en hul treksels

en snap dit wat die torre motiveer
nooit as te nimmer nie. Maar wát ek weet is:
Sonnette wás en ís en blý pateties.

***

MATERIALIEN ZU EINER KRITIK DER BEKANNTESTEN GEDICHTFORM ITALIENISCHEN URSPRUNGS

Sonette find ich sowas von beschissen,
so eng, rigide, irgendwie nicht gut;
es macht mich ehrlich richtig krank zu wissen,
daß wer Sonette schreibt. Daß wer den Mut

hat, heute noch so’n dumpfen Scheiß zu bauen;
allein der Fakt, daß so ein Typ das tut,
kann mir in echt den ganzen Tag versauen.
Ich hab da eine Sperre. Und die Wut

darüber, daß so’n abgefuckter Kacker
mich mittels seiner Wichserei blockiert,
schafft in mir Aggressionen auf den Macker.

Ich tick nicht, was das Arschloch motiviert.
Ich tick es echt nicht. Und wills echt nicht wissen:
Ich find Sonette unheimlich beschissen.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor Robert Gernhardt:

https://en.wikipedia.org/wiki/Robert_Gernhardt

Bron:

Gernhardt, Robert (2005). Gesammelte Gedichte. Frankfurt: S. Fischer.

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://de.wikipedia.org/wiki/Materialien_zu_einer_Kritik_der_bekanntesten_Gedichtform_italienischen_Ursprungs

ʼn Nederlandse vertaling van die gedig (deur die vermaarde vertaler van Nederlandse en Duitse digkuns, Ard Posthuma):

https://www.lyrikline.org/de/gedichte/materialien-zu-einer-kritik-der-bekanntesten-gedichtform-italienischen-ursprungs-2962

____________________________________________________________________________________________________________

DUBBELE ONTMOETING OP DIE STRAND VAN SPERLONGA

Die son wil ondergaan.
Die strand is wyd en leeg.
Skuins skuif my skadu voor my aan,
nes joune voortbeweeg.

Jy’s onbekend aan my.
Daar van die oostekant
– jou skadu donker, helder jy –
kom julle oor die sand.

Mooi, feitlik moedernaak,
loop jy verby, en ek
sien hoe mekaar die skadu’s raak
en toe presies oordek.

Ons staar jul agterna.
Miskien draai julle om.
Maar julle twee loop verder, stom,
van óns sê een: Nou ja.

***

DOPPELTE BEGEGNUNG AM STRAND VON SPERLONGA

Die Sonne stand schon tief.
Der Strand war weit und leer.
Schräg ging mein Schatten vor mir her,
indes der deine lief.

Du warst mir unbekannt.
Ihr nähertet euch schnell.
Dein Schatten dunkel und du hell,
so kamt ihr übern Sand.

Sehr schön und ziemlich nackt
liefst du an mir vorbei.
Da warn die Schatten nicht mehr zwei,
sie deckten sich exakt.

Wir sahn euch lange nach.
Ihr drehtet euch nicht um.
Ihr lieft, du und dein Schatten, stumm,
von uns sprach einer: Ach.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

ʼn Toonsetting van die gedig:

____________________________________________________________________________________________________________

MOOI EN GOED EN KLAAR EN WAAR

Vier wit duiwe is in die blou lug,
hulle sirkel in hulle vlug.

Hulle glans helder op met die styg,
net om gou weer gryser te neig.

So kom mens hul die heeltyd teen,
nooit vlieg een van hulle alleen

nie. Die rede daarvoor? Sal nie weet nie.
Miskien dat ons iets nie vergeet nie:

Dit is mooi om in stygwind te wieg
Dit is goed om saam-saam te vlieg
Dat die styg al veel is, staan klaar
Dat die weg juis die doel is, is waar.

***

SCHÖN UND GUT UND KLAR UND WAHR

Da sind diese vier weißen Tauben,
die sich in das Blau des Himmels schrauben.

Sie leuchten sehr auf beim Steigen,
um sich kurz drauf dunkel zu zeigen.

Das machen sie immer gemeinsam,
nie flog auch nur eine je einsam.

Warum die das tun? Keine Ahnung.
Möglicherweise als Mahnung:

Es ist schön, sich im Aufwind zu wiegen
Es ist gut, nicht alleine zu fliegen
Es ist klar, daß Steigen schon viel ist
Es ist wahr, daß der Weg das Ziel ist.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

____________________________________________________________________________________________________________

AG

Ag, nog in my laaste uur sal
ek inskiklik wees soos min.
As die dood by mý deur aanklop,
roep ek hartlik: Kom maar in!

Wát lê nou voor? Sterwe? Dit is
wel vir my ʼn eerste keer,
maar ons sal dit seker baasraak
en die toertjie lag-lag leer!

Kyk, hoe oulik so ʼn uurglas!
Ja, dit pas mooi in die hand.
Ag – en dis u sens, daai? En dit
maak my naderhand van kant?

Waantoe moet ek my nou wend?
Links? Van u kant af beskou?
Ag, van my kant! Na die gat?
So gesien, hoe maak ons nou?

Ja, die glas het leeggeloop.
Sou u dit nou terug wou hê?
Kan mens so iets iewers koop?
Sulke rariteite lê

kwalik in die strate rond,
goed, ek hou dit, soos u wil
– wát moet ek hou? Ag! My mond?
Reg so! Ek is nou-nou

***

ACH

Ach, noch in der letzten Stunde
werde ich verbindlich sein.
Klopft der Tod an meine Türe,
rufe ich geschwind: Herein!

Woran soll es gehn? Ans Sterben?
Hab’ ich zwar noch nie gemacht,
doch wir werd’n das Kind schon schaukeln –
na, das wäre ja gelacht!

Interessant so eine Sanduhr!
Ja, die halt ich gern mal fest.
Ach – und das ist Ihre Sense?
Und die gibt mir dann den Rest?

Wohin soll ich mich jetzt wenden?
Links? Von Ihnen aus gesehn?
Ach, von mir aus! Bis zur Grube?
Und wie soll es weitergehn?

Ja, die Uhr ist abgelaufen.
Wollen Sie die jetzt zurück?
Gibt’s die irgendwo zu kaufen?
Ein so ausgefall’nes Stück

Findet man nicht alle Tage,
womit ich nur sagen will
– ach! Ich soll hier nichts mehr sagen?
Geht in Ordnung! Bin schon

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/gerhard-schulz-zu-robert-gernhardts-gedicht-ach/2020/04/

ʼn Openbare voorlesing van die gedig:

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
  • Wynand J Booysen. koue afgrond
  • Don’t Hesitate! – AVBOB Poetry Mini-Competition winners

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d