Kersfeeslied
24 Desember 2025
O die slegte tyding,
o die hartseer tyding,
diep sny dit in Kersfeestyd.
Ons voel vandag verlore
sonder engelekore.
Kom hierheen bedroefdes.
Kom sonder vrolikheid.
Kom hierheen geliefdes.
Kom sonder vreugde.
Kom nou.
Kom rou.
Ons moet die Kersfeesliggies doof.
Skakel af die stoof.
Los die geskenke onoopgemaak.
Die dood het ons aangeraak.
© Andrea Sieberhagen, 2025
