Golflengte
Ek stap laatmiddag op die strand
en word waterlangs gevolg
deur ‘n witborskormorant.
Dié watervoël huiwer
op ‘n afstand,
met bruisende branders
wat tussen ons breek.
Sag kyk sy na my
en ons oë vind mekaar,
vir ‘n oomblik op die kruin
van ‘n hoë gety.
© Jacques Boshoff, 2025
