Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 January 2026

Joan Hambidge. George Seferis: die dialektiek van bloed en lig

I

Hierdie digter is ook in Afrikaans vertaal. In 1989 verskyn ‘n vertaling van Dian Joubert, ‘n vermaarde sosioloog by Graphicos.

 

 

Helize van Vuuren vertaal ‘n klassieke gedig:

 

Ons son

            

Die son was myne en joune; ons het dit gedeel.

Wie ly agter die goue sy, wie gaan dood?

Slanend op haar droë bors, het ‘n vrou uitgeroep: ‘Lafaards,

hulle het my kinders gevat en flenters geskeur, jul het hul

doodgemaak

turend na vuurvliegies in die skemer met ‘n snaakse blik,

verlore in blinde gedagtes.’

Die bloed was aan’t verdroë op ‘n hand vergroen deur ‘n boom,

‘n vegter aan’t slaap, vasklouend die lans wat lig gewerp het

teen sy sy.

 

Dit was ons s’n, die son, ons het niks gesien agter die goue

borduursel

toe het die boodskappers gekom, vuil en uitasem,

stotterend aan onverstaanbare woorde

twintig dae en nagte op die barre grond slegs met dorings

twintig dae en nagte met die buike van die perde

aan’t bloei

en nie ’n oomblik se rus vir reënwater drink.

‘Rus eers en praat dan’ het jy gesê, deur die lig

verblind.

Hulle het gesterf, prewelend ‘Daar is geen tyd’, rakend aan enkele strale

van die son.

Jy’t vergeet dat niemand rus.

 

‘n Vrou het geskreeu ‘Lafaards’, soos ‘n hond in die nag.

Eens moes sy mooi gewees het soos jy

met ‘n nat mond, are polsend onder die vel,

van liefde.

***

Die son was ons s’n; julle het alles gehou, jy wou

my nie volg.

En dit was toe dat ek uitgevind het van die dinge agter

die goud en die sy:

ons het geen tyd. Die boodskappers was reg.

https://www.poetryfoundation.org/poems/51366/our-sun  Besoek 1 Januarie 2026

.

George Seferis – uit Logbook I, 1940.  [vert. Helize van Vuuren, Mei 2018]

 

II

Ook in gedigte word hy ingebed.

 

In Uittogboek in 2017 deur Johan Myburg lees ons:

 

In Pretoria dans bome met kastanjette, strooi

Jakarandasneeu in die lente. Die res, meen Seferis,

is saai, ’n grafstad waarin hy lewend toegegooi

is, ’n skaduryk waarin hy dolend soek na ’n poort.

(19)

 

Eunice Basson se “Pentekening” roep hom op danksy ‘n vertaling van Dian Joubert. Dit staan opgeteken in ‘n Ander wêreld (2024).

‘n Stuk ironie hier: hy was werksaam in Pretoria as diplomaat gedurende WO II. Hy het in die Ooste van Pretoria gebly.

 

II

Digter én diplomaat soos Pablo Neruda. In 1963 ontvang hy die Nobelprys vir letterkunde. Hy sterf in Athene in 1971. Gebore in 1900 as  Georgios Seferiadis en het studeer aan die Sorbonne in die Regte. Hy is vereer o.a. deur Cambridge, Oxford en Princeton.

Die invloed van Eliot, Pound en Kafafis op sy werk, is al uitgewys.

 

Seferis in 1921

 

Seferis se stanza uit Mythistorema is voorgelees by die 2004 Olimpiese Spele:

I woke with this marble head in my hands;
It exhausts my elbows and I don’t know where to put it down.
It was falling into the dream as I was coming out of the dream.
So our life became one and it will be very difficult for it to separate again.

 

Geliefd by gewone mense weens sy opstand teen politieke ongeregtighede (nes Neruda) en skares het sy kis gevolg deur die strate. Die bekendste vertalers van sy gedigte is Edmund Keeley en Philip Sherrard.

 

George Seferis in 1963

 

IV

 

The Last Day

 

The day was cloudy. No one could come to a decision;

a light wind was blowing. ‘Not a north-easter, the sirocco,’ someone said.

A few slender cypresses nailed to the slope, and, beyond, the sea

grey with shining pools.

The soldiers presented arms as it began to drizzle.

‘Not a north-easter, the sirocco,’ was the only decision heard.

And yet we knew that by the following dawn

nothing would be left to us, neither the woman drinking sleep at our side

nor the memory that we were once men,

nothing at all by the following dawn.

 

‘This wind reminds me of spring,’ said my friend

as she walked beside me gazing into the distance, ‘the spring

that came suddenly in the winter by the closed-in sea.

So unexpected. So many years have gone. How are we going to die?’

 

A funeral march meandered through the thin rain.

 

How does a man die? Strange no one’s thought about it.

And for those who thought about it, it was like a recollection from old chronicles

from the time of the Crusades or the battle of Salamis.

Yet death is something that happens: how does a man die?

Yet each of us earns his death, his own death, which belongs to no one else

and this game is life.

 

The light was fading from the clouded day, no one decided anything.

The following dawn nothing would be left to us, everything surrendered, even our hands,

and our women slaves at the springheads and our children in the quarries.

My friend, walking beside me, was singing a disjointed song:

‘In spring, in summer, slaves . . .’

One recalled old teachers who’d left us orphans.

A couple passed, talking:

‘I’m sick of the dusk, let’s go home,

let’s go home and turn on the light.’

 

Athens, Feb. ’39

https://www.poetryfoundation.org/poems/51354/the-last-day-56d22f084483f  Besoek 31 Desember 2025

 

Hoe het Pretoria toe daar uitgesien?

Hoe het die kenner van klassieke tekste Suid-Afrika ervaar?

Ons dink opnuut aan sy opmerking:

 

Yet each of us earns his death, his own death, which belongs to no one else

and this game is life.

 

Tussen lig en donker

In my biblioteek stowwerig staan jy

neffens Uys Krige en Hennie Aucamp:

die sol y sombra van Uys

rig sy romantiese aard

soos Hennie uitwys

in ‘n heen en weer.

En jy George Seferis?

Sou jy ooit kon raai hoe jy,

‘n vreemdeling in ‘n ander land,

ver van huis en haard en taal,

digters sou laat praat

met jou oor nostalgie

in daardie stad vol  jakarandas, koorsbome,

gevul met onheil dog reën van hoop?

 

Joan Hambidge

Kaapstad 31 Desember 2025

 

Bronne:

Poësie:

  • Strophe, 1931 (Στροφή)
  • The Cistern, 1932 (Στέρνα)
  • Mythical narrative, 1935 (Μυθιστόρημα)
  • Book of Exercises, 1940 (Τετράδιο Γυμνασμάτων)
  • Log Book I, 1940 (Ημερολόγιο Καταστρώματος Ι)
  • Log Book II, 1944 (Ημερολόγιο Καταστρώματος ΙΙ)
  • The Thrush, 1947 (Κίχλη)
  • Log Book III, 1955 (Ημερολόγιο Καταστρώματος ΙΙΙ)
  • Three Secret Poems, 1966 (Τρία Κρυφά Ποιήματα)
  • Book of Exercises ΙΙ, 1976 (Τετράδιο Γυμνασμάτων II)

Briewe:

  • This Dialectic of Blood and Light, George Seferis – Philip Sherrard, An Exchange: 1946–1971, 2015 Limni (Griekeland): Denise Harvey (Uitgewer).

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Cafavy en Durrell (Nommer 120)
Joan Hambidge. Die digkuns as ’n tranche de vie →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. George Seferis: die dialektiek van bloed en lig”

  1. Joan Hambidge says:
    5 January 2026 at 06:26

    Pentekening
    Vir NS

    Hy sit by ’n tafel en blaai deur ’n bundel
    in fyn linne ingebind. Hy lees wat die kolofon
    verklap en prys die boekmakers se vakmanskap.
    Net tien gedigte deur Seferis is in dié klein
    oplaag van ’n honderd gedruk; sý eksemplaar
    is nommer vier-en-veertig, kursief genoteer
    op argivale papier. Op die titelblad pryk
    die naam van die vertaler, ene Dian Joubert,
    met ’n ryk oes pentekeninge deur Andrew Verster.
    Terwyl hy oor die linneblad streel, wonder hy
    hoe só ’n kleinood op ’n basaartafel beland.

    Eunice Basson

    ‘n Ander wêreld 2024 Protea Boekhuis

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d