Musikale oomblik
“lyfseer bewoë” – T.T. Cloete
Met die geheue
kan ek maar vergeet;
my lyf het diep geteue,
bly genoeglik seer weet
van roerende eb en vloed,
van wellende verreikende verlange
wat uitsliert deur borskas, oogbal, hand en voet –
toon tot kroon behaebevange.
Hoe ’t die stuk geheet?
Was daar viole, fluite – dalk ’n klarinet?
Wat ’n mens welsalig weet
is hoe áls gehunker het.
Die vlugge melodie tot niet,
bly die versugting ongeblus.
Die mooiste musiek
is lewende gemis.
© Bernard Odendaal, 2026

Dankie, Joan.
‘n Uitstekende palinode – spel met Cloete. En die slot is ‘n mokerhou! Jou gedig is treffend.