Kuns
tot kuns is ons geroep
uit die stof moet ons verrys
kapelle sal ons verf
hallelujas sal ons komponeer
die skerwe van die wêreld
sal ons met sonnette heg
saam met leonard sal ons sing
alles het ‘n bars
dis wat die lig bring
ons woorde sal ‘n weg
na die sterre beitel
ons is geskep om te skep
© Stephan du Toit, 2026
