Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 February 2026

Joan Hambidge. “Hierdie mens” en die ewige sirkelgang

 

I

In 1825 het Mendelsohn sy beroemde oktet vir strykers gekomponeer.

https://www.youtube.com/watch?v=9JTH4ZdJcjk Besoek 22 Februarie 2026

Jou IP-adres bestaan uit 32 bisse wat in vier oktette verdeel is en wetenskaplikes meen nie-metale kry elektrone by en metale verloor dit weer weens atome se neiging om ‘n oktet te vorm.

Die slotvers in die reeks oor die maan in Hierdie mens is ‘n oktet.

 

Maankind

 

Maan, moeder aarde se enigste kind,

verlang to so na ‘n ou maatjie,

maar hoe sy ook skyn en kwyn,

hoe sy ook versilwer of verduister

alleen wentel sy met haar al

wentelende ma en soms van woede

gloei sy onaards, ‘n doforanje lampion,

‘n liefie appelliefie, aarde, ma se kind.

 

Lampion (van die Frans en Italiaans lampione) is ‘n klein draagbare lamp.

‘n Outydse woord. Boonop sluit hierdie gedig aan by ander Stockenström-verse wat die moeder-kind-verhouding verbeeld.

Ons weet ook van die kunstenaar Henk Serfontein se kreatiewe reaksie op die gedig “Almoeder”:

https://www.instagram.com/p/DHTN3Z8CwLO/ Besoek 22 Februarie 2026

 

Almoeder

 

Om te weet dat waar ek trap

onderaardse riviere vlermuisstil

vloei, laat my bedeesder stap.

 

Knielend lê ek my oor

op die ryp- en klipbeskotte grond

en span my in om te hoor

 

waar die hart van die aarde

klop. ‘n Sterk gestel

het sy, die saggeaarde.

 

Die somergras, weer uitgestoot

deur die swartgebrandheid, staan

prilgroen in oorwinning oor die dood.

https://ink.org.za/biblioteek/gedigte/wilma-stockenstrom/ Besoek 22 Februarie 2026

 

Magda Lombard en Hein Viljoen lewer eweneens insigryke kommentaar op haar digkuns.

https://www.researchgate.net/publication/271305562_Die_verdonkerende_spieel_Simbolistiese_trekke_in_Wilma_Stockenstrom_se_eerste_drie_bundels/fulltext/57fab8d608ae886b89862296/Die-verdonkerende-spieel-Simbolistiese-trekke-in-Wilma-Stockenstrom-se-eerste-drie-bundels.pdf  Besoek 22 Februarie 2026

 

By Stockenström is die ironie opvallend. En die gedig “Maankind” aktiveer ook hierdie vers:

 

Gesertifiseer

 

Ek kan genoeg gloeilampies koop om al

my vertrekke lewenslank te belig,

maar ek verkies die skemer en skemermense

wat voor die droom van dromend lewe swig.

 

Ek kan ‘n absoluut betroubare fisiologiese hartklep

aanskaf, gemaak van polipropileen,

maar liefs lewe ek hortend en hinkepink,

afwykend stug, totdat die harde reën

 

Die huise van die laaste eeu smelt,

totdat taal in al sy uitinge verval.

As mens, tot pyn in staat, wil ek leef,

die uiterste mens, gesertifiseer mal.

 

Hier wil sy die lig afskakel en in die ruimte van die skemer leef.

 

II

Om hierdie spel te begryp, besoek ons die belangrike huldigingswerk oor Stockenström Met my wysvingertop (saamgestel deur Ronel Foster in 2024).

Die selfgesprek en sirkelgang in haar verse word kundig beskou deur Alettie van den Heever in haar artikel “Wilma Stockenström as donker ekodigter”.

Sy verwys na die agrilogistiek van T. Morton.

Lusvormige denke wat herinner aan die ewigheidsteken of die Keltiese knoop wat nie ‘n begin of einde het nie.

Wanneer ‘n mens die kritiese reaksie op haar digkuns lees wat opgeneem is in Foster se studie, is dit opvallend hoe die selfgesprek telkemale uitgewys word.

Wyle Wilhelm Grütter, die uitgewer wat haar ontdek het, wys in sy resensie van Aan die Kaap geskryf (1994), wat in Die Burger verskyn het op 28 Desember 1994, op tekste wat saampraat en verwysings wat resoneer. Ander tekste ja, maar veral ‘n ewige selfgesprek.

So huldig Johann de Lange haar:

 

Oer

vir Wilma Stockenström

 

Van die eerste rib,

die tyd van klip en akkedis,

uit die vuursmid-pens, die kloot,

stippel spoortjies van die ibis,

‘n oog soos jaspis en kwik-

vinnig, blits sender deernis,

pik na wat sondig dik aards is

sien daagliks niks tussen oniks

en grint

 

mens, die stommerik,

laer as die lewerik, as die getjirp

en as die tortelende modder-

oog wat terugslib, ken net grens.

 

(Wat sag is vergaan, 1995)

 

III

‘n Groot digter se werk staan waar dit staan.

Maar palinodes en teensange bewys eweneens ‘n digterlike krag. Hoe heerlik het Wilma nie gelag toe Koekie Ziervogel gepraat het Van vermetelheid en van mans nie!

En dit is hierdie paradoks (vergetelheid dog glans, aarde teenoor maan, satire versus erns) wat haar uitsonderlik maak.

Soos Heilna du Plooy skryf:

TT Cloete begin die uitgebreide profiel oor Stockenström in Perspektief en Profiel (Deel 3, onder redaksie van HP van Coller, 2016:726-760) met die kategoriese uitspraak : “Wilma Stockenström is een van die beste digters van haar tyd”, ’n tyd wat tot nou toe duur, want haar statuur staan vas.

 

https://versindaba.co.za/2025/11/21/resensie-nogmaals-vir-die-bysiende-leser-joan-hambidge-marlies-taljard-reds/ Besoek 23 Februarie 2026

 

Joan Hambidge

Kaapstad

24 Februarie 2026

 

Bron:

Foster, Ronel. 2024. Met my wysvingertop. Pretoria: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en Protea Boekhuis.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Stilstaande stilte
Kan iemand help? →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d