Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
26 February 2026

Wat lees jy? “Skimme en spoorsoekers” (Martin Steyn)

 

 

 

“Skimme en spoorsoekers” deur Martin Steyn. LAPA, 2026.

 

Martin Steyn is ʼn bekende skrywer van misdaadfiksie en sielkundige rillers wat dikwels fokus op die donker kant van die menslike natuur. Bekende werke sluit in sy debuut Donker spoor waarvoor hy die ATKV-Woordveertjie-toekenning vir Spanningsfiksie in 2015 ontvang het, asook ander romans soos Losprys en Donker water.

Skimme en spoorsoekers is ʼn versameling van 27 kortverhale waarvan die meeste reeds elders verskyn het. In ʼn uitgebreide Voorwoord vertel Steyn hoe die boek ontstaan het en die een en ander oor sy lewe as skrywer van onder andere gruwelverhale. Elkeen van die verhale word daarbenewens toegelig met ʼn Nota waarin Steyn die ontstaan van die verhaal en die verhaalgegewens toelig. Dié deelname van die reële outeur aan die verhale verleen wel ʼn persoonlike en outentieke stem aan die boek as geheel, maar ek twyfel of dit enige konkrete, literêre bydrae tot die verhale self lewer. ʼn Verhaal moet immers op sy eie bene kan staan.

Nietemin, hierdie leser het die boek as ontspanningsfiksie geniet. Die verhale boei die leser en die einde kom dikwels onverwags en skokkend. Elemente van die makabere, die sielkundige riller en die bonatuurlike kom in verskeie verhale voor.

Die storielyne mak dikwels staat op lotsbepalende keuses. Daar is byvoorbeeld die man wat op die punt staan om van ʼn brug af te spring en twee tieners wat besluit om ʼn vreemde lig te volg wat op ʼn gruwelike vonds uitloop.

‘n Reeksverhaal met A. O. Colin Menck, ‘n gewilde karakter uit Steyn se vorige romans soos Donker Spoor en Skuldig, bewerk aansluiting by die skrywer se wyer oeuvre.

Die boek is ook in Kindle-eboekformaat beskikbaar.

 

– Marlies Taljard

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wat lees jy? “Klein Konings” deur Theo Kemp.
Wat lees jy? – “Die skuld wat bloed betaal” (Sandra Skinner) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d