Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 March 20265 March 2026

Wat lees jy? – “Die skuld wat bloed betaal” (Sandra Skinner)

 

 

Die skuld wat bloed betaal deur Sandra Skinner, Naledi, 2025

 

Geweld teen vroue en kinders is pas tot nasionale ramp verklaar. In haar pakkende debuut plaas Sandra Skinner hierdie probleem sonder doekiesomdraai onder die vergrootglas.

In twee plattelandse gemeenskappe word kinders uitgelewer aan die fisieke en verbale geweld van volwassenes by wie hulle veronderstel is om veilig te voel.

Die verhaal fokus op Karools, ʼn seun wat weens die “diefstal” van ʼn volstruiseier in ʼn nywerheidskool sy kinderlike onskuld, sy drome en sy toekoms verloor en uiteindelik ʼn misdadiger en geweldenaar word. Sy lewe kruis by twee belangrike geleenthede dié van Madelee, ʼn plaaskind wie se ma kleintyd uit haar lewe verdwyn het. Dit word algemeen aanvaar dat sy weggeloop het. Skindertonge raak aktief, die vader gaan gebuk onder verwyt en woede en uiteindelik raak ook Madelee vasgevang in die donkerder kant van die lewe. Tot haar dood leef sy die lewe van ʼn vlugteling (van haarself) totdat sy uiteindelik deur middel van haar kuns uiting kan gee aan die letsels wat die lewe op haar gelaat het. Kort voor haar dood ontmoet sy onder skrikwekkende omstandighede weer vir Karools. Haar opgekropte woede teenoor die man wie se wreedheid teenoor ʼn onskuldige kind sy in kunswerk na kunswerk uitgebeeld het, maak iets primitiefs in haar los.

Deur aktivering van die multifasettige bloed-simbool word diep spirituele, sosiale en politieke temas aangeraak: die Paaslam wie se bloed aan die deurkosyne gesmeer word en wat later deur Jesus se kruisiging as verlossing van die mens se skuld gespieël word, is seker die mees opsigtelike Bybelse verwysings. Ook die bloed van die onskuldige Abel: Nadat Kain sy broer vermoor het, sê God in Genesis 4:10 “Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af”, bedoelend dat onskuldige bloed wat vergiet word, om geregtigheid en wraak roep.  Ek dink egter ook dadelik aan Shakespeare se Macbeth waar bloed aanvanklik onomkeerbare skuld simboliseer (“Will all great Neptune’s ocean wash this blood clean?”), maar ook dien as reinigingsritueel vir Skotland, want slegs deur die gewelddadige vergieting van die tiran se bloed kan die koninkryk “verlos” word en sy natuurlike orde herstel word. Ook in hierdie roman is bloed (onder andere) simbool van wraak, reiniging en intieme verbondenheid aan mekaar.

Ten spyte van talryke skryffoute en oop plekke in die verhaallyn wat die verloop van die storielyn soms problematiseer, is die verhaal van Karools en Madelee terselfdertyd die verhaal van ʼn stukkende, siek (Suid-Afrikaanse) samelewing én die verhaal van twee lewens wat – na aanleiding van Willem Kloos se sonnet “Ik ween om bloemen in den knop gebroken”* – vergelyk kan word met ʼn blom wat in sy knop gekneus is en nooit volle wasdom bereik nie. Soos die flapteks suggereer, bied die verhaal geen oplossing vir ons gefragmenteerde, diep verskeurde samelewing nie, maar laat dit die leser met meer vrae as antwoorde.

 

*Multatuli gebruik dieselfde metafoor in Max Havelaar wanneer dit gaan oor die uitbuiting van die inheemse bevolking van wat nou as Indonesië bekendstaan, veral in die koffieplantasies. Selfs baie jong kinders moes bitter hard werk in die plantasies. Wanneer die koffiebome hulle pragtige blomme begin dra, moet die grootste gros blomme afgestroop word voordat hulle oopgaan om ‘n beter oes te verseker. Die afgestroopte, halfoop blomme word dan die metafoor van die kinders wie se jug verlore gaan deur die toedoen van die koloniseerders.

 

– Marlies Taljard

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wat lees jy? “Skimme en spoorsoekers” (Martin Steyn)
Joan Hambidge. T.T. Cloete en die entelegie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d