stilkind
die mens se stilkind is baie mooi
fyn sonder bloed
in die lyne
ritmies gevou ‘n origamie voëltjie
sy dans haar waterdans
vingers aai dadeloos hunker na ‘n kwas
weifel dan onvas en glip asof oor glas
haar glimlag ‘n galeiproef prentjie-porselein
haar stom betoog verbeusel en verbuig
‘n dowe allooi of klepellose klok
bloot kolletjies op ‘n notebalk
is daar geen keer aan dié onwrikbare verweer
straks ‘n kuur (of tinktuur) om die bitter te besweer
Here, is daar dan nie ‘n makliker manier
© Wynand J Booysen, 2026
