goëlgesang
heimdall met sy goddelike oor kon
selfs die spriete in hul stilte hoor stulp
die spinnekop se ongesponne nyd
kon hy voortydig
opstrik in sy slakkehuis
heimlik luister ek
tinnitus
god van suispsalms
na ‘n skynbesie in my kop
© Paul Kloppers, 2026
